Jack Hammer is 'n Suid-Afrikaanse musiekgroep wat in in November 1984 in Pretoria deur Piet Botha, Boet Faber, Jan Maloney en Eric Birkenstock gestig is. Deur die jare was verskeie musikante deel van die groep, onder andere Oscar-bekroonde akteur Billy Bob Thornton, Rupert Mellor, klawerbordspeler van McCully Workshop, Kwaito-musiekvervaardiger Gabi le Roux, Lanie van der Walt, kitaarspeler van Not My Dog, Ken E Henson, rockmusikant, Simon Orange van Blues Broers, Mike Faure, saxofoonspeler en baie, baie ander. Sedert hul eerste optrede in 1984 was Piet Botha deel van die groep, hy was ook bekend as The Hammer. Piet Botha is op 2 Junie 2019 oorlede ná 'n kort stryd met kanker.

Geskiedenis Piet Botha se musieklopbaan begin in 1974 toe hy saam met Abner Smith in Pretoria begin optree. Daarna was hy deel van die musiekgroep Raven en ook van Wildebeest totdat Jack Hammer in 1984 as groep musiek begin maak het. Nadat die groep hulle toerusting aan die einde van 1984 in 'n brand verloor het, is Piet Botha na die VSA waar hy bedags as konstruksiewerker gewerk het en saans musiek gemaak het. Botha keer aan die einde van 1985 terug na Suid-Afrika en die eerste Jack Hammer-album, Jack Of All Trades, word in 1987 vrygestel.

Albums Jack Hammer Jack Of All Trades (1987) The Judas Chapter (1990) Ghosts On The Wind (1994) Death Of A Gypsy (1996) Anthology (2000) The Pilgrim (2005) TuksFM Sessions (2006) Highway 13 (2008) Road Works (1984-2009) (2009) Handful Of Rain (2016) Piet Botha & Jack Hammer Bootleg (2001) Live At The Nile (2004)

Sien ook Lys van Suid-Afrikaanse musiekgroepe

Verwysings

Kategorie:Suid-Afrikaanse musiekgroepe