William "Bill" Flynn (13 Desember 1948 – 11 Julie 2007) was 'n Suid-Afrikaanse akteur. Hy het in meer as 140 toneelstukke, musiekblyspele, 42 films en talle TV-programme en honderde radio- en TV-advertensies gespeel. Hy was ook die hoofsanger van Vinnie and The Viscounts en later The Rock Rebels.Bill Flynn Webtuiste , Career History , Besoek op 15 Julie 2007
Bill Flynn het in 1966 by die Plumstead High School in Kaapstad gematrikuleer waarna hy by die Universiteit van Kaapstad drama gestudeer het.24.com se Who's who , , Besoek op 15 Julie 2007
Flynn was met die aktrise Jana Cilliers getroud.
Flynn is op 58 jarige ouderdom in sy slaap oorlede, vermoedelik aan 'n hartaanval. Ten tye van sy afsterwe het Flynn in A Funny Thing Happened on the Way to the Forum by Johannesburg se Civic Theatre gespeel.Beeld, Akteur Bill Flynn sterf in sy slaap , Besoek op 15 Julie 2007
Filmografie House of the Living Dead, 1973 Hello and Goodbye, 1979 Wat Jy Saai, 1979 Kill and Kill Again, 1981 City Lovers, 1982 Prisoners of the Lost Universe, 1983 Funny People II, 1983 Magic Is Alive, My Friend, 1985 Senor Smith, 1986 Saturday Night at the Palace, 1987 Kwagga Strikes Back, 1990 Die Prince van Pretoria, 1993 Kalahari Harry, 1994 Guns of Honor, 1994 Marie s'en va t-en guerre, 1994 Treasure at Elephant Ridge, 1995 Human Timebomb, 1996 Heel Against the Head, 1999 The Carruthers Brothers, 2000 Oh Schuks... I'm Gatvol, 2004 Jozi Streets, 2004 Krakatoa - The Last Days, 2006 Running Riot, 2006
Musiek CD as sanger Toyi Kaka - 1995 I Don't Like Cricket, I Love It - 1996 B.O.K.K.E. - 1999 Gees Gooi My A Tenor Tenors Racket Rainbow Worrior
CD as groep Get Vrot - Vinnie & The Viscounts Rock & Roll Party - Vinnie & The Viscounts Get This - The Rock Rebels Gooi Mielies - The Rock Rebels
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Suid-Afrikaanse akteurs Kategorie:Geboortes in 1948 Kategorie:Sterftes in 2007