La Paz 280px Kaart Wapen 160px|center 120px|center Vlag 90px|center Land 20px Bolivië Departamento 20px La Paz Provinsie Pedro Domingo Murillo Koördinate Stigting 20 Oktober 1548 Oppervlakte: - Totaal 470 vk km Hoogte bo seevlak 3 600 m Bevolking: - Totaal (2006) 1 872 480 - Bevolkingsdigtheid 6 275/vk km Tydsone UTC -4 Burgemeester Juan del Granado Amptelike Webwerf Gobierno Municipal
La Paz [la 'pas] (Spaans: La Paz de Ayacucho, Aymara: Chukiagu) is die regeringsetel van Bolivië en die hoofstad van die departamento La Paz (die amptelike Boliviaanse hoofstad is nog steeds Sucre). La Paz lê teen die noordwestelike hang van die Cordillera Real-bergreeks, sowat 3 600 tot 3 700 meter bo seevlak, in die onvrugbare riviervallei van die Río Choqueyapu (Río de la Paz). Die stadsgebied word deur die sneeubedekte bergspits Illimani (6 882 meter) oorheers.
Geskiedenis La Paz is amptelik op 20 Oktober 1548 deur die Spanjaarde gestig en het destyds 'n ou Inka-stad vervang. Die huidige La Paz is 'n moderne metropool met 'n bevolking van meer as 1,8 miljoen in die metropolitaanse gebied en dien as die kulturele, nywerheids-, handel- en opvoedkundige sentrum van Bolivia. La Paz beskik oor 'n aantal universiteite waarvan die oudste in 1674 gestig is, en 'n aantal wetenskaplike en kulturele instellings.
Kategorie:Nedersettings in Bolivië Kategorie:Regeringsetel