VfB Oldenburg is 'n sportklub uit Oldenburg in die deelstaat Neder-Sakse in Duitsland. Behalwe sokker, het die klub ook afdelings vir krieket, stoei, tafeltennis, vlugbal en rugby.

Geskiedenis Die klub is op 17 Oktober 1897 as FC 1897 Oldenburg gestig en het in 1919 met FV Germania 1903 saamgesmelt om die huidige klub te vorm. Die klub het tussen 1990 en 2000 met ernstige finansiële probleme geworstel en was op 'n stadium onder administrasie. In 2004 het die Oldenburger Cricket Club, wat in die Duitse krieket-Bundesliga op die hoogste vlak meeding, by die klub aangesluit as die klub se krieketafdeling.

Die klub se beste prestasie was om tussen 1942 en 1945 in die Gauliga Weser-Ems op die hoogste vlak mee te ding. In die 1950’s het die klub ook 'n paar seisoene op die hoogste vlak in die Oberliga Noord deurgebring. In 1992 het die klub promosie na die Bundesliga met 1 punt gemis.

Stadion Die klub het sedert 1920 sy tuiswedstryde in die Donnerschweestadion (Die Hölle des Nordens - "Die hel van die Noorde") gespeel, maar moes die stadion in 1990 verkoop om van sy skuld te delg. Sedertdien speel die klub sy tuiswedstryde in die Marschwegstadion in Oldenburg.

Onlangse ligaposisionering 1963-64 (II) Regionalliga Noord 7de 1964-65 (II) Regionalliga Noord 13de 1965-66 (II) Regionalliga Noord 12de 1966-67 (II) Regionalliga Noord 9de 1967-68 (II) Regionalliga Noord 11de 1968-69 (II) Regionalliga Noord 13de 1969-70 (II) Regionalliga Noord 9de 1970-71 (II) Regionalliga Noord 17de 1971-72 (III) Amateurliga Neder-Sakse 1ste 1972-73 (II) Regionalliga Noord 11de 1973-74 (II) Regionalliga Noord 6de 1974-75 (III) Am.Oberliga Noord 1ste 1975-76 (III) Am.Oberliga Noord 3de 1976-77 (III) Am.Oberliga Noord 7de 1977-78 (III) Am.Oberliga Noord 8ste 1978-79 (III) Am.Oberliga Noord 8ste 1979-80 (III) Am.Oberliga Noord 1ste 1980-81 (II) 2.Bundesliga Noord 15de 1981-82 (III) Am.Oberliga Noord 9de 1982-83 (III) Am.Oberliga Noord 16de 1983-84 (III) Am.Oberliga Noord 15de 1984-85 (III) Am.Oberliga Noord 4de 1985-86 (III) Am.Oberliga Noord 2de1986-87 (III) Am.Oberliga Noord 5de 1987-88 (III) Am.Oberliga Noord 3de 1988-89 (III) Am.Oberliga Noord 7de 1989-90 (III) Am.Oberliga Noord 1ste 1990-91 (II) 2.Bundesliga Noord 12de 1991-92 (II) 2.Bundesliga Noord 2de 1992-93 (II) 2.Bundesliga 22de 1993-94 (III) Am.Oberliga Noord 6de 1994-95 (III) Regionalliga Noord 5de 1995-96 (III) Regionalliga Noord 1ste 1996-97 (II) 2.Bundesliga 18de 1997-98 (III) Regionalliga Noord 5de 1998-99 (III) Regionalliga Noord 9de 1999-00 (III) Regionalliga Noord 18de 2000-01 (IV) Oberliga Neder-Sakse 8ste 2001-02 (IV) Oberliga Neder-Sakse 1ste 2002-03 (IV) Oberliga Neder-Sakse 6de 2003-04 (IV) Oberliga Neder-Sakse 9de 2004-05 (V) Verbandsliga Neder-Sakse-Wes 3de 2005-06 (V) Verbandsliga Neder-Sakse-Wes 2de 2006-07 (V) Verbandsliga Neder-Sakse-Wes 1ste 2007-08 (IV) Oberliga Noord

Eksterne skakels Amptelike klubwerf The Abseits Guide to German Soccer

Oldenburg Kategorie:Oldenburg