Die nasionale vlag van Thailand (Thai: ธงไตรรงค์ Trairanga, Thong Trairong, "Driekleurvlag") is op 28 September 1917 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon vyf horisontale bane in rooi, wit, blou, wit en rooi. Thailand vier sedert 2016 hul nasionale vlagdag op 28 September, en dit is ook ’n openbare vakansiedag in Thailand. การฉลองครบรอบ 100 ปี การประกาศใช้ธงไตรรงค์ เป็นธงชาติไทย Retrieved 26 September 2017.
Simboliek Van die kleure word gesê dat dit volk-geloof-koning (’n nieamptelike leuse van Thailand) voorstel, rooi vir die land en die volk, wit vir gelowe en blou vir die monargie. Blou was ook die kleur wat Rama VI gekenmerk het. Die koning het in Julie 1917 oorlog teen Duitsland verklaar; gevolglik is opgemerk dat die vlag dieselfde kleure as dié van Brittanje, Frankryk, Rusland en die Verenigde State gehad het, wat op simpatie met die Geallieerdes gedui het.
Ontwerp Die Vlagwet van BE 2522 (1979 CE) Die Vlagwet van BE 2522 (1979 CE)( พระราชบัญยัติธง พ.ศ.2522) in Koninklike Thailand Koerant No. 96 Afdeling 67 spesiale uitgawe bladsy 1 stipuleer die ontwerp van die vlag as “reghoekig in vorm met in die verhouding van 6 by 9 dele, verdeel in vyf bane deur die wydte van die vlag; met die middelste baan twee dele hoog in donkerblou, die wit bane elk een deel hoog aan weerskante van die blou baan, en die rooi bane elk een deel hoog aan die buitekant van die wit bane. Die Nasionale Vlag sal as die Tri-Rong-vlag bekend staan”.’n Nieamptelike vertaling van die Kantoor van die Staatsprokureur, sien http://www.krisdika.go.th/wps/wcm/connect/d9e7ff804ba1c19498d99a8b4221fda7/FLAG+ACT%2C+B.E.+2522+%281979%29.pdf?MOD=AJPERES&CACHEID=d9e7ff804ba1c19498d99a8b4221fda7
350px|senter|Konstruksietekening
Kleure duimnael|Wapperende vlag van Thailand, kleure tot 2017 duimnael|Thaise vlae wapper halfstok, kleure tot 2017 duimnael|Wapperende vlootvaandel van Thailand, kleure tot 2017 Die kleure van die vlag is in ’n aankondiging van die Kantoor van die Eerste Minister aangekondig op 30 September 2017. Dit verskaf aanbevole waardes vir die bepaling van die standaardkleure van fisiese materiaalvlae, soos volg in die CIELAB-kleurruimte onder Ligbron D65 gedefinieer:
Kleur CIELAB D65 In ander kleurmodelleL*a*b*ΔE* RGB HEX CMYK Rooi36.455.4725.42Hoogstens 1.5 165-25-49 #A51931 C24-M100-Y83-K18 Wit96.61-0.15-1.48Hoogstens 1.5 244-245-248 #F4F5F8 C3-M2-Y1-K0 Blou18.637.89-19.45Hoogstens 1.5 45-42-74 #2D2A4A C87-M85-Y42-K43
Geskiedenis Die eerste vlag wat vir Siam gebruik is, is waarskynlik ’n effekleurige rooi vlag, vir die eerste keer deur Koning Narai (1656–1688) gebruik. Vlootvlae het later verskillende simbole op die rooi agtergrond gebruik — ’n wit chakra (die Boeddhiste wiel), ’n wit olifant binne die chakra, of ’n wit skyf met ’n son daarbinne.
Die eerste vlag is amptelik in 1855 deur Koning Mongkut (Rama IV) geskep. Dit het ’n wit olifant (’n koninklike simbool) op ’n rooi agtergrond vertoon, aangesien die effekleurige vlag nie uitsonderlik genoeg vir internasionale verhoudinge was nie.
In 1916 is die vlag verander na die huidige ontwerp, maar met die middelste kleur dieselfde as die buitenste baan. Koning Vajiravudh (Rama VI) het die vlag blykbaar tydens ’n vloed onderstebo sien hang. Om te keer dat dit weer gebeur het hy ’n nuwe vlag ontwerp wat simmetries is. In 1917 is die middelste kleur na blou verander, die kleur vir Saterdag, die dag waarop Koning Vajiravudh gebore is. Volgens ander bronne is die blou kleur gekies om solidariteit met die Geallieerde Magte tydens die Eerste Wêreldoorlog, wat ook die kleure blou-rooi-wit in hulle vlae gehad het, te toon.
Vorige vlae
Ander vlae Die vlootvaandel van Thailand ( ธงราชนาวี) is in 1917 aangeneem. Dit is soortgelyk aan die nasionale vlag, maar het ’n rooi skyf in die middel wat strek tot by die rooi bane aan die bo- en onderkant. In die skyf is ’n wit olifant, in volle mondering, wat in die rigting van die vlagpaal staan. Die handelsvlag van Thailand ( ธงฉาน) is ook in 1917 aangeneem. Dit is die nasionale vlag wat die embleem van die Koninklike Thailandse Vloot in die middel het. Die ontwerp van die regimentele kleure van RTN is dieselfde as dié van die vlag.
Soortgelyke vlae
Sien ook
Phleng Chat Thai
Verwysings
Bronnelys
Eksterne skakels
Thailand by Flags of the World Siam Vlagmuseum Historiese Thaivlag
Kategorie:Nasionale simbole van Thailand Thailand