SG 06 Betzdorf is 'n sokkerklub uit Betzdorf in die deelstaat Rynland-Palts in Duitsland.

Die huidige klub het sy oorsprong op 6 September 1906 gehad toe die gimnastiekklub Betzdorfer TV 'n sokkerafdeling gekry het. In 1924 het die sokkerafdeling onafhanklik geword as Verein für Jugend- und Volksspiele 1906 Betzdorf en het later die naam Betzdorfer FC 06 aangeneem. In 1934 het Reichssportverein Betzdorf by die klub aangesluit en is die naam Reichsbahn-SG Betzdorf aangeneem (die klub is op daardie stadium deur die spoorweë beheer). In 1936 het die moederklub Betzdorfer TV by die klub aangesluit, maar die naam Reichsbahn-SG Betzdorf is behou. Die klub het in 1938, 1941 en 1944 die uitspeelwedstryde om promosie na die Gauliga gehaal. Na die Tweede Wêreldoorlog is die klub in 1947 as SG 1906 Betzdorf herstig. Tussen 1962 en 1979 het die klub saam met Eisenbahn-SV Betzdorf as ESG 06 Betzdorf gespeel.

Na die Tweede Wêreldoorlog was die klub se beste prestasie om van 1947 tot 1953, 1956 tot 1959 en in die 1971/72-seisoen in die derdevlak Amateurliga mee te ding.

Onlangse ligaposisionering

1988-89 (V) Bezirksliga 1ste 1989-90 (IV) Amateurliga Rynland 2de 1990-91 (IV) Amateurliga Rynland 4de 1991-92 (IV) Amateurliga Rynland 6de 1992-93 (IV) Amateurliga Rynland 8ste 1993-94 (IV) Amateurliga Rynland 3de 1994-95 (IV) Oberliga Suidwes 10de 1995-96 (IV) Oberliga Suidwes 14de 1996-97 (IV) Oberliga Suidwes 18de 1997-98 (V) Amateurliga Rynland 2de 1998-99 (IV) Oberliga Suidwes 10de 1999-00 (IV) Oberliga Suidwes 16de 2000-01 (V) Amateurliga Rynland 4de 2001-02 (V) Amateurliga Rynland 5de 2002-03 (V) Amateurliga Rynland 2003-04 (V) Amateurliga Rynland 1ste 2004-05 (IV) Oberliga Suidwes 14de 2005-06 (IV) Oberliga Suidwes 16de 2006-07 (IV) Oberliga Suidwes 16de 2007-08 (V) Amateurliga Rynland

Eksterne skakels Amptelike klubwerf

Oberliga Suidwes 2006/07-seisoen 1. FC Saarbrücken II - FSV Mainz 05 II - Eintracht Bad Kreuznach - FC 08 Homburg - TuS Hohenecken - FSV Oggersheim - FV Engers 07 - FSV Salmrohr - SC Hauenstein - SG 06 Betzdorf - SpVgg EGC Wirges - SV Eintracht Trier - Rot-Weiß Hasborn-Dautweiler - TuS Mayen - TuS Mechtersheim - Wormatia Worms - Borussia Neunkirchen

Betzdorf