Marjorie Wallace OIS (1925, Edinburgh – 26 Junie 2005, Onrus) was 'n Suid-Afrikaanse skilder wat in Skotland gebore is en daar groot geword en studeer het.Litnet, Marjorie Wallace , besoek op 11 Julie 2007The Government Information website , Marjorie Wallace (1925–2005), The Order of Ikhamanga in Bronze for outstanding contributions to the visual arts , besoek op 11 Julie 2007 Nadat sy die Afrikaanse skrywer Jan Rabie in Parys ontmoet het en met hom getroud is, het sy haar in 1955 saam met hom in Suid-Afrika gevestig.Sanlam Kunsgalery , Kunswerk van die maand: Sunny studio, Wallace, Marjorie , besoek op 11 Julie 2007
Wallace het van 1942 tot 1947 kuns studeer by die Edinburgh College of Art. Sy het reeds vroeg beïndruk as kunstenaar en het die jongste persoon ooit geword om verkies te word tot die Koninklike Skotse Kunsakademie. In 1947 word die Andrew Grant-reisbeurs aan haar toegeken wat dit vir haar moontlik maak om na Europa te reis. Sy woon 'n aantal jare in Parys waar sy aan 'n aantal groepuitstallings deelneem. Sy hou haar eerste solo-uitstalling in Edinburgh in The Scottish Gallery.Haydee Morgan-Hollander , Litnet, Met drif en vreugde: Haydee Morgan-Hollander gesels met Amanda Botha , besoek op 11 Julie 2007
Wallace en Rabie is op 4 Januarie 1955 in die Britse Ambassade in Parys getroud. In Oktober 1955 verhuis die egpaar na Kaapstad waar hulle ’n huis in Groenpunt met Eric Laubscher en sy vrou Claude Boucharain gedeel het.
Verwysings
Kategorie:Suid-Afrikaanse immigrante uit Groot-Brittanje Kategorie:Suid-Afrikaanse skilders Kategorie:Geboortes in 1925 Kategorie:Sterftes in 2005