Alpha Sextantis (afgekort as α Sex) is die helderste ster in die sterrebeeld Sekstant (Sextans). Met ’n skynbare magnitude van 4,49 is dit met die blote oog sigbaar. Volgens parallaksmetings is dit sowat 280 ligjare van die Son af.
Dit word as ’n "ewenaarster" beskou omdat dit minder ’n kwartgraad suid van die hemelewenaar lê. In 1900 was dit 7 boogminute noord van die ewenaar. Vanweë ’n verskuiwing van die Aarde se draaias het dit in Desember 1923 na die Suidelike Halfrond geskuif.
Alpha Sextantis is ’n geëvolueerde A-tipe reusester met ’n sterreklassifikasie van A0 III. Sy massa is sowat drie keer en sy radius sowat 4,5 keer dié van die Son. Sy hoeveelheid metale (elemente swaarder as waterstof en helium) is soortgelyk aan die Son s'n. Dit straal omtrent 120 soveel ligsterkte as die Son uit met sy effektiewe temperatuur van 9 984 K. Alpha Sextantis is sowat 295 miljoen jaar oud.
Verwysings
Eksterne skakels Astronomy Knowledge Database 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Bayer-voorwerpe Kategorie:Flamsteed-voorwerpe Kategorie:Henry Draper-voorwerpe Kategorie:A-tipe reusesterre Kategorie:Sekstant (sterrebeeld)