Ian Matthew Morris (gebore op 27 Januarie 1960) is 'n Britse argeoloog, geskiedkundige en akademikus. Hy is tans Willard professor van oudheid aan Stanford-universiteit.

Vroeë Lewe Morris het grootgeword in die Verenigde Koninkryk. Hy het Alleyne's High School in Stone, Staffordshire bygewoon en antieke geskiedenis en argeologie gestudeer aan die Universiteit van Birmingham. Hy het sy PhD aan die Universiteit van Cambridge verwerf.

Loopbaan Morris het vanaf 1987 tot 1995 klas gegee aan die Universiteit van Chicago. Hy is sedert 1995 verbonde aan Stanford-universiteit.

Sedert hy by Stanford-universiteit aangesluit het, het hy gedien as assosiaat dekaan van lettere en wysbegeerte, as hoof van die departement oudheid, en as direkteur van die maatskaplike wetenskappe-historiese instituut. Hy was een van die stigterslede van die Stanford argeologiese sentrum en het vir twee termyne as die sentrum se direkteur gedien. Hy het uitvoerig gepubliseer oor die geskiedenis en argeologie van die antieke middellandse streek en oor Wêreldgeskiedenis. Hy het ook in 2009 'n dekaansprys vir uitnemendheid in onderrig gewen.

Hy het van 2000 tot 2007 Stanford se argeologiese uitgrawing by Monte Polizzo in Sisilië, Italië gelei.

Verskeie navorsingsgenootskappe van die John Simon Guggenheim gedenkstigting, die Hoover-instituut, die nasionale begiftigingsfonds vir die geesteswetenskappe,die sentrum vir hellenistiese studies in Washington, D.C., en die Instituut vir navorsing in die geesteswetenskappe, Universiteit van Wisconsin-Madison, is aan hom toegeken. Hy is ook 'n korrespondensie-genoot van die Britse Akademie; en hy het eregrade ontvang van die De Pauw-universiteit en die Universiteit van Birmingham. In 2012 was sy werk die onderwerp van 'n breedvoerige profiel in die Chronicle of Higher Education. Hy het in 2012 die Tanner-lesings oor menslike waarde aan die Universiteit van Princeton gelewer.

Morris beplan om op sy oogpunte oor transformasie in die eerste millennium v.C. (die skuif van godsdiens-gebaseerde mag na burokratiese en militêre mag) uit te brei in sy nuwe publikasie .Note 24 to Chapter 5 in Foragers, Farmers, and Fossil Fuels

Oorsig oor enkele werke War! What is it Good For? War! What is it Good For?: Conflict and the Progress of Civilization from Primates to Robots is deur Farrar, Straus en Giroux in die VSA gepubliseer en in April 2014 deur Profile Books in Groot-Brittanje. Morris argumenteer daarin dat daar genoeg bewyse is om die geskiedenis van geweld oor baie duisende jare na te spoor en dat 'n opspraakwekkende feit hieruit voortvloei, naamlik dat vir al die gruwels van oorlog oor die laaste 10,000 jaar, dit eintlik die wêreld veiliger en ryker gemaak het, aangesien dit bykans die enigste wyse is waarop mense groot, intern-passiewe samelewings geskep het wat hierna die koers van geweldadige sterftes verminder het. Hy argumenteer dat die lesse van die laaste 10,000 jaar van militêre geskiedenis mens leer dat die manier om oorloë te beëindig die kuns is om te leer hoe om dit te bestuur, en nie deur dit te verwens nie. Morris wy ook 'n hoofstuk aan die 1974-1978 Gombe sjimpansee-oorlog in Tanzanië. Die Duitse vertaling van die boek, Krieg: Wozu er gut ist, is in Oktober 2013 deur Campus Verlag gepubliseer. 'n Nederlandse vertaling is in 2014 deur Spectrum (Houten/Antwerp) gepubliseer, getiteld Verwoesting en vooruitgang. 'n Verdere vyf vertalings van die werk word beplan.

Prys en eerbewyse Morris is 'n 2014 Kalifornië Boektoekennings Nie-fiksie Finalis vir War! What is it Good For?

Bibliografie Burial and Ancient Society, Cambridge, 1987 Death-Ritual and Social Structure in Classical Antiquity, Cambridge 1992 Red. Classical Greece: Ancient Histories and Modern Archaeologies, Cambridge, 1994 Reds. saam met with Barry Powell, A New Companion to Homer, E. J. Brill, 1997 Reds. saam met Kurt Raaflaub, Democracy 2500? Questions and Challenges, Kendall-Hunt, 1997 Archaeology as Cultural History, Blackwell, 2000 The Greeks: History, Culture, and Society, saam met Barry Powell; Prentice-Hall, 1ste uitg. 2005, 2de uitgawe. 2009 Reds. saam met Joe Manning, The Ancient Economy: Evidence and Models, Stanford University Press, 2005 Reds. saam met Walter Scheidel en Richard Saller, The Cambridge Economic History of the Greco-Roman World, Cambridge, 2007 Reds. saam met Walter Scheidel, The Dynamics of Ancient Empires, Oxford, 2009 Why the West Rules—For Now: The Patterns of History, and What They Reveal About the Future, Farrar, Straus en Giroux, 2010; Profile Books, 2010 The Measure of Civilisation: How Social Development Decides the Fate of Nations, Princeton University Press, 2013; Profile Books, 2013 War! What is it Good For? Conflict and the Progress of Civilization from Primates to Robots, Farrar, Straus en Giroux, 2014; Profile Books, 2014 Foragers, Farmers, and Fossil Fuels: How Human Values Evolve (The Tanner Lectures, geredigeer en met 'n inleiding deur Stephen Macedo en kommentaar deur Richard Seaford, Jonathan D. Spence, Christine M. Korsgaard, en Margaret Atwood), Princeton University Press, 2015;

Notas

Verwysings

Eksterne skakels Ian Morris, Stanford University Classics Department. Classics and History Expert - Ian Morris, Stanford University Humanities Department. Why the West Rules for Now, Interview with Ian Morris in www.theglobaldispatches.com. Ian Morris interview on "Conversations With History," a UC Berkeley podcast and video series. ' Foreign Policy magazine review of Why the West Rules. Increased Affluence Explains the Emergence of Ascetic Wisdoms and Moralizing Religions, an article together with Nicolas Baumard, Alexandre Hyafil and Pascal Boyer

Kategorie:Britse geskiedkundiges Kategorie:Argeoloë Kategorie:Geboortes in 1960 Kategorie:Lewende mense