Alpha Horologii (afgekort as α Hor) is ’n oranjekleurige reusester in die sterrebeeld Horlosie (Horologium). Met ’n skynbare magnitude van 3,85 is dit die helderste ster in die sterrebeeld en kan dit met die blote oog gesien word. Dit is sowat 115 ligjare van die Son af en beweeg weg teen ’n radiale snelheid van 21,6 km/s.
Sy sterreklassifikasie van K2 III dui daarop dat dit ’n K-tipe geëvolueerde reusester is. Dit beteken die ster het die waterstof in sy kern opgebruik en weg van die hoofreeks beweeg. Alpha Horologii se massa is sowat 1,55 sonmassas en sy ligsterkte is 38 keer dié van die Son. Dit het ’n oppervlaktemperatuur van 5 028 K.
Verwysings
Eksterne skakels 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Bayer-voorwerpe Kategorie:Henry Draper-voorwerpe Kategorie:K-tipe reusesterre Kategorie:Horlosie (sterrebeeld)