Alphard (ook bekend as Alpha Hydrae of α Hya) is die helderste ster in die sterrebeeld Noordelike Waterslang (Hydra). Dit is ’n reusester wat koeler maar helderder as die Son is. Dit is sowat 177 ligjare van hier.
Alphard verskyn op die vlag van Brasilië en simboliseer die deelstaat Mato Grosso do Sul.
Naam thumb|links|200px|Die westelike deel van die Noordelike Waterslang, met Alphard as die helderste ster naby die middel.
Die ster se Bayer-naam is "Alpha Hydrae". Die tradisionele naam, "Alphard", kom van die Arabiese الفرد al-fard, "die alleenstaande een", omdat daar nie ander helder sterre in sy omgewing is nie. Die Internasionale Astronomiese Unie se sternaamwerkgroep (WGSN) het die naam Alphard in Julie 2016 aan die ster toegeken.
Eienskappe Alphard se massa is drie keer dié van die Son. Dit is sowat 420 miljoen jaar oud, het wegbeweeg van die hoofreeks en ’n reusester geword met ’n sterreklassifikasie van K3 en ligsterkteklas tussen II en III. Sy hoekdeursnee is sowat milliboogsekondes, wat net deur Betelgeuse en R Doradus oortref word. Dit het uigesit tot 50 keer die radius van die Son.
Alphard se spektrum toon ’n effense oorvloed van barium, ’n element wat normaalweg vervaardig word deur die s-proses (stadige neutronvangsproses) van nukleosintese. ’n Bariumster behoort gewoonlik tot ’n dubbelsterstelsel en die voorkoms van barium word verduidelik deur massaoordrag deur ’n metgesel-witdwerg.
Metings het wisselings in die ster se radiale snelheid en spektraallynprofiel getoon. Die wisselings duur van ’n paar uur tot verskeie dae. Die korttermynwisselings is waarskynlik die resultaat van pulse, soortgelyk aan dié van die Son. ’n Verband tussen die wisselings in die asimmetrie van die spektraallynprofiel en die radiale snelheid is ook gevind. Die multiperiodewisselings maak HD 81797 (Alphard) ’n voorwerp waarin groot belangstelling heers vir asteroseismologiese ondersoeke.
Verwysings
Eksterne skakels 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Noordelike Waterslang Kategorie:Bayer-voorwerpe Kategorie:Flamsteed-voorwerpe Kategorie:Henry Draper-voorwerpe Kategorie:Sterre met eiename Kategorie:K-tipe reusesterre Kategorie:K-tipe helder reuse