Geoffrey Hindley (1935-2014) was 'n Britse skrywer wat sy opvoeding by Kingswood Skool, Bath en die University College Oxford ontvang het. Hy was ook 'n lektor. Hindley was drie keer uitgenooi as deelnemer by die Internasionale Kongres op Middeleeuse studies, Westelike Michigan Universiteit; en was ook besoekende assosiaat professor by die Universiteit van Florida, Gainesville; en het lesings op Europese kultuur, middeleeuse maatskaplike geskiedenis, die Magna Carta, en die geskiedenis van musiek gegee in Europa en die VSA.

Van 1994 tot 2000 het hy Engelse beskawing onderrig by die Universiteit van Le Havre. Hy was tot sy dood mede-president van die Genootskap vir die Geskiedenis van Middeleeuse Tegnologie en Wetenskap by Oxford en Londen.

Werke Van sy werke sluit in:

The Shaping of Europe England in the Age of Caxton The Book of Magna Carta A Brief History of the Crusades A Brief History of the Anglo-Saxons

Verwysings

Kategorie:Britse skrywers Kategorie:Geboortes in 1935 Kategorie:Sterftes in 2014