Sportfreunde Lotte is 'n sportklub uit Lotte in die deelstaat Noord-Rynland-Wesfale in Duitsland, veral bekend vir sy sokkerafdeling. Behalwe sokker, het die klub onder andere afdelings vir handbal, klootskiet, voetslaan, gimnastiek en swem.

Die klub is in 1929 gestig as die gimnastiekklub Turnverein Lotte. Na die Tweede Wêreldoorlog is die klub ontbind deur die Geallieerdes, maar dis op 9 Februarie 1946 herstig as VfL Sportfreunde Lotte.

Die klub het in 2004 tot die Oberliga Wesfale gepromoveer, die klub se beste prestasie tot dusver.

Lotte speel sy tuiswedstryde in die SolarTechnics-Arena, wat tussen 2006 en April 2007 opgegradeer is. Voorheen was die stadion se tradisionele naam die Lotter Kreuz.

Onlangse ligaposisionering 1995-96 (VI) Landesliga 1ste 1996-97 (V) Verbandsliga 1 Wesfale 5de 1997-98 (V) Verbandsliga 1 Wesfale 3de 1998-99 (V) Verbandsliga 1 Wesfale 5de 1999-00 (V) Verbandsliga 1 Wesfale 4de 2000-01 (V) Verbandsliga 1 Wesfale 8ste 2001-02 (V) Verbandsliga 1 Wesfale 5de 2002-03 (V) Verbandsliga 1 Wesfale 5de 2003-04 (V) Verbandsliga 1 Wesfale 1ste 2004-05 (IV) Oberliga Wesfale 8ste 2005-06 (IV) Oberliga Wesfale 5de 2006-07 (IV) Oberliga Wesfale 8ste 2007-08 (IV) Oberliga Wesfale 4de 2008-09 (IV) Regionalliga Wes 10de 2009-10 (IV) Regionalliga Wes 2de 2010-11 (IV) Regionalliga Wes 3de 2011-12 (IV) Regionalliga Wes 2de 2012-13 (IV) Regionalliga Wes 1ste 2013-14 (IV) Regionalliga Wes

Eksterne skakels Amptelike klubwerf

Regionalliga Wes 2013/14-seisoen Alemannia Aken, VfL Bochum II, Fortuna Düsseldorf II, SC Rooiwit Essen, 1. FC Keulen II, SC Fortuna Keulen, FC Viktoria Keulen, Bayer 04 Leverkusen II, SV Lippstadt 08, Sportvriende Lotte, VfL Borussia Mönchengladbach II, SC Rooiwit Oberhausen, FC Schalke 04 II, Sportvriende Siegen, KFC Uerdingen 05, SSVg Velbert, SC Verl, SG Wattenscheid 09, SC Wiedenbrück 2000

Lotte