Keith J. Devlin (gebore op 16 Maart 1947) is 'n Britse wiskundige en skrywer van populêre wetenskap. Hy woon sedert 1987 in die Verenigde State en beskik oor dubbele Amerikaanse en Britse burgerskap.Curriculum vitae, Besoek op 3 Februarie 2014.

Biografie Devlin is in Engeland, Kingston upon Hull gebore, en het daar grootgeword. Hy het 'n plaaslike laerskool bygewoon, gevolg deur Greatfield Hoërskool in Hull. Hy was in sy laaste jaar as hoofseun verkies.

Devlin het in 1968 'n BSc (Spesiaal) in Wiskunde by King's College Londen behaal, asook 'n PhD in Wiskunde by die Universiteit van Bristol in 1971 onder die supervisie van Frederick Rowbottom.

Loopbaan Devlin het later vanaf Augustus tot Desember 1972 'n pos gekry as 'n Wetenskaplike Assistent in Wiskunde by die Universiteit van Oslo, Noorweë. In 1974 het hy 'n Wetenskaplike Assistent in Wiskunde by die Universiteit van Heidelberg, Duitsland geword. In 1976 was hy 'n Assistent Professor van Wiskunde by die Universiteit van Toronto, Kanada. Vanaf 1977 tot 1987 het hy gedien as 'n Lektor in Wiskunde by die Universiteit van Lancaster, Engeland. Van 2001 tot 2009 was hy 'n Konsulterende Professor by Stanford Universiteit: Departement van Wiskunde by Stanford, Kalifornië.http://profkeithdevlin.com/DevlinVita.pdf

Hy is die medestigter en Uitvoerende Direkteur van Stanford Universiteit se Menslike Wetenskappe en Tegnologieë Gevorderde Navorsingsinstituut (2006), asook 'n medestigter van Stanford Media X universiteit-industrie navorsings-vennootskapprogram, en 'n Senior Navorser by die Sentrum vir die Studie van Taal en Inligting (CSLI). Hy is 'n kommentator op National Public Radio se Weekend Edition-Saterdag, waar hy bekend staan as "Die Wiskunde Ou."Archive of The Math Guy series from NPR's Weekend Edition accessed 9 November 2007

Sy navorsing is hoofsaaklik gefokus op die gebruik van verskillende media om wiskunde aan verskillende verhore te leer. Hy is ook die medestigter en President van die maatskappy, BrainQuake, wat videos vir die aanleg van wiskunde maak. Dit was in 2011 begin.

Ander navoringsonderwerpe is die volgende: die teorie van inligting, modelle van redenasie, toepassings van wiskundige tegnieke in die studie van kommunikasie, en matematiese kognisie.Keith Devlin at STANFORD UNIVERSITY

Teen 2012 was hy die outeur van vier-en-dertig boeke en oor die tagtig navorsingsartikels. Verskeie van sy boeke is gemik op die algemene leser op straat.

Toekennings Gesamentlike Beleidsraad vir Wiskunde Toekenning, 2001 In 2007 ontvang hy die Wonderfest se Carl Sagan-prys vir Wetenskaplike Popularisasie. 2004 Internasionale Pythagoras-prys in Wiskunde, in die kategorie Beste Verklarende Teks in die Wiskundige Wetenskappe vir die Italiaanse vertaling van The Millennium ProblemsStanford Report—2 November 2005 Genoot van die Amerikaanse Matematiese Genootskap, 2012List of Fellows of the American Mathematical Society , opgespoor op 10 November 2012.

Bibliografie Artikels [First proof of Jensen's covering theorem; Keith J. Devlin is credited as Keith I. Devlin in the paper.]

Boeke

with coauthor Gary Lorden

Verwysings

Eksterne skakels including his curriculum vitae Devlin's Angle — column at the Mathematical Association of America

Kategorie:Britse wiskundiges Kategorie:Amerikaanse wiskundiges Kategorie:Geboortes in 1947 Kategorie:Lewende mense