Jacobus Bernardus de Vaal (29 Junie 1914 - 20 November 1989) was 'n onderwyser en historikus, wat geskiedkundige navorsing gedoen het in die Soutpansbergdistrik oor 'n tydperk van veertig jaar van 1941 tot 1984. Sy opgrawings en aantekeninge oor die Bavenda-bouvalle by Matšhena in 1943, vorm deel die grondnavorsing na historiese monumente van die Bavenda, suid van die Limpoporivier. Hy het ook oorspronklike werk gegenereer oor die Portugese visi-konsul, João Albasini.
Agtergrond en opleiding Jacobus Bernardus (Ben) de Vaal is op 29 Junie 1914 gebore, op die plaas Boomplaats naby Mokeetsi in Limpopoprovinsie, en matrikuleer in 1932 in Pietersburg.
In 1934 studeer hy met behulp van 'n TOD-beurs, 'n kursus vir die onderwysdiploma aan Pretoria Normaalkollege. Hy word deur prof S.J. Engelbrecht aangemoedig om navorsing te doen oor die geskiedenis van die Soutpansberge weens sy passie vir die vak. Tydens die voltooiing van sy onderwysdiploma het De Vaal ook 'n BA-graad aan die Universiteit van Suid-Afrika tot die 2de jaar voltooi, maar moes weens finansiële redes gaan werk en die BA-graad na-ure voortsit.
Van 1937 was hy 'n onderwyser aan Happy Rest in Louis Trichardt, en voltooi sy honneursgraad in 1941, met Geskiedenis as hoofvak. Daarna volg sy Meestersgraad (MA) in 1945, onder leiding van prof C.J. Uys aan die Universiteitskollege in Bloemfontein. Sy tesis vir die MA-graad handel oor die geskiedenis van die Portugese vise-konsul in die destydse Transvaal, João Albasini. In 1949 behaal De Vaal sy D. Litt., ook onder leiding van prof Uys. Die proefskrif heet "Die rol van Joao Albasini in die geskiedenis van Transvaal".De Vaal, J.B. 1953. Die Rol van João Albasini in die Geskiedenis van die Transvaal. Agrief-jaarboek vir Suid-Afrikaanse Geskiedenis 16 (1). Elsieirivier: Nasionale Handelsdrukkery vir die Staatsdrukker
Dr de Vaal was 'n aantal Swart tale magtig, onder andere Noord-Sotho (Pedi), wat hom in staat gestel het om sy werk en navorsing te kontekstualiseer ten opsigte van die lokale bevolking.
Akademiese werk A.J.J. Jordaan verwys na die faktore wat aanleiding gegee het tot De Vaal se navorsingsbelangstelling in die geskiedenis van die Soutpansbergstreek en -mense,A.J.J. Jordaan, Jacobus Bernardus de Vaal as Suid-Afrikaanse historikus (1914-1989), Historical Association of South Africa (HASA), Historia, Volume 39, Issue 1, May 1994, p. 6 - 18 naamlik die aanmoediging van 'n geskiedenisonderwyser, De Vaal se grootwordjare in die Soutpansberge, en sy magtiging van die Peditaal. Dit alles het hom 'n lewenslange belangstelling in die geskiedenis van die gebied en sy mense gegee.
Dr. de Vaal was 'n metodiese navorser en dokumentvaslegger, en Jordaan beskryf ook die metode wat hy gebruik het vir opslaan van inligting soos verwysings en opgrawingswerk, in die jare voor kopieermasjiene, deur middel van sy sistematiese liassering.
Argeologiese werk De Vaal se grootste bydrae tot die argeologie in Suid-Afrika was die opgrawings van die Lemba-stam ('n Venda-groep), se woonarea by die Matšhena-kop, noord van Louis Trichardt, op die plaas Solvent. Die Matšhena bouvalle soos wat dit bekend staan, herinner sterk aan die Zimbabwe ruïnes, weens hul keëlvormige boustrukture.J.J. Oberholster, Die Historiese Monumente van Suid-Afrika, 1972, Die Kultuurstigting Rembrandt Van Rijn, p. 324-325
Artefakte wat hy in die Soutpansberg-distrik opgegrawe het, sluit in: glaskrale, metaalvoorwerpe en kleipotte. Die Matšhena-bouval is later tot historiese monument verklaar.Machemma Ruines verklaar tot 'n Provinsiale Gedenkplek, 1965, https://sahris.sahra.org.za/node/33775 . URL geraadpleeg 8 Mei 2019.
Verwysing na die oorspronklike opgrawings van Dr. de Vaal, is ook vervat in die werk van ander geskiedkundiges daarna, soos prof J.F. Eloff, prof. C. van Riet Lowe, mnr. B.D. Malan van die Argeologiese Buro, en prof. Fouché van Wits.
Verdere opgrawings onderneem deur Dr. de Vaal is van die huis van João Albasini in die Krugerwildtuin in 1980. Die huis het bestaan uit vier vertrekke met gewels en 'n rietdak.
Geskiedkundige navorsing Dr. de Vaal word deur A.J.J. Jordaan bestempel as 'n Suid-Afrikaanse historikus, hoewel die meeste van sy werk gebonde was tot die Soutpansberggebied. Jordaan bestempel De Vaal se werk as beskrywend van die "voor-gekiedenis" van die Soutpansberge. Dit verwys vermoedelik na die tydperk voor die vestiging van Westerse groepe sowel as die vestigingsjare van die Voortrekkers. De Vaal se werk sluit dan inderdaad navorsing in oor handelstelsels van die stamme in die Noordelike en Oostelike dele van Limpopo in hierdie tydperkDe Vaal, J.B. 1985. Handel langs die vroegste roetes. Contree : Tydskrif vir Suid-Afrikaanse stedelike streekgeskiedenis = Contree : Journal for South African urban and regional history. 17:5-14, Jan. , URL besoek op 8 Mei 2019. ), die die rol van João Albasini in die gebied, en die inwoners van Schoemansdal.
De Vaal verwys self na die tydperk en die mensheid van die geskiedenis wat hy bestudeer, as die "...lewe van die gewone boer en pionier in hierdie stormagtige tydperk".
Hy het 'n aantal artikels oor Schoemansdal die lig laat sien wat gehandel het oor die Voortrekkers, ivoorsmokkelaars en olifantjagters.
Die artikels het ook verwys na ander interessante persone van die gebied: Josina van Warmelo, vrou van die eerste predikant van Schoemansdal; en Casimior Simoes, 'n tydgenoot van Albasini.
De Vaal het bydraes gemaak tot dokumentering van bekende Swart stamhoofde deur lewenssketse van hulle te skryf: Modjadji II, Mphephu, Sekhukhune en Soshangane vir die Suid-Afrikaanse biografiese woordeboek.
Verwysings
Eksterne Skakels Mapcart geolokasie van Matshemma ruïnes Die groter-Mapungubwe Gedenkroete
Kategorie:Geboortes in 1914 Kategorie:Sterftes in 1989 Kategorie:Suid-Afrikaanse geskiedkundiges