Pieter Bosch Howes (gebore Pieter Bosch Botha; 12 Maart 1985, Johannesburg, Suid-Afrika – 6 Mei 2019, Sandton, Gauteng) was 'n Suid-Afrikaanse joernalis, aktivis, politieke kommentator, akteur, regisseur en draaiboekskrywer. In 2007 word hy die eerste inwonende direkteur van die Roodepoort-teater in Johannesburg.

Hy was die stiger van "The Enwhitenment Project", 'n projek wat poog om bewusmaking oor witheid te bou met die oogmerk om die rasseskeiding te oorbrug. Hy het veral 'n groot gehoor op Twitter gehad en was 'n bydraer tot die Amerikaanse webwerf Inquisitr.

Vroeë lewe Pieter Bosch Botha is op 12 Maart 1985 in Johannesburg, Transvaal, gebore, die seun van At Botha en Annalise Bosch, albei akteurs. Hy begin sy loopbaan as akteur op die ouderdom van 6 met die leidende rol in 'n nasionale televisie-advertensie vir Opel se Monza-motorvoertuigmodel.

In 2003 voltooi hy sy drama- en teaterstudie aan die Nasionale Skool van die Kunste. Hy verwerf in drie opeenvolgende jare nasionale kleure vir drama.

Persoonlike lewe Hy was gay en verander sy van na Howes met sy selfdegeslaghuwelik met dokter Craig Howes.

Hy het openlik sy ondersteuning vir die verlinkse politieke party Economic Freedom Fighters verklaar. Hy het aan bipolêre gemoedsteuring en depressie gely.

Dood Hy pleeg selfmoord in Mei 2019. Hy was vir 'n tyd lank vermis voor sy lyk op Saterdag, 4 Mei 2019 in 'n hotelkamer in Sandton, Gauteng gevind is. Hy is vermoedelik aan 'n oordosis pille dood. Baie mense het in reaksie op sy dood eerbetuigings op Twitter gelewer.

Teaterproduksies Regisseur 2007: Rapunzel 2008: James and the Giant Peach 2008: Madiba Magic 2008: Liewe Heksie 2009: Danny the Champion of the World 2009: Little Blue Dress 2009: Noises Off! 2011: Hoedens 2011: Rose Red 2012: Swoop Rooikappie Wasgoed The Witches The Cage Fighter I'll Have What She’s Having... Of Birds and Beasts Subject to Citizen Hats

Akteur 2004: Jack and the Beanstalk 2005: Die Keiser 2006: Cinderella 2006: Dames en Here 2008: Spoof Full of Sugar 2008: Eat Me! 2012: Fully Committed 2013: Civil Parting 2013: The Briefcase 2014: The Full Monty 2014: Spamalot 2015: The Double Bass 2015: Miss Margarida's Way

Radio 2015: Nagrit Op Keetmanshoop

Filmografie Akteur Rolprente The Van Rooyens

Televisiereekse 2003: Soul Buddyz 2008: Villa Rosa 2008: Backstage 2008: Askies!

Draaiboekskrywer Televisiereekse 2014: Villa Rosa

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Afrikaners Kategorie:Suid-Afrikaanse joernaliste Kategorie:Sterftes in 2019 Kategorie:Suid-Afrikaanse regisseurs Kategorie:Suid-Afrikaanse manlike akteurs van die 21ste eeu