William McGuire Bryson (gebore op 8 Desember 1951) is 'n Amerikaans-Britse skrywer van reisboeke- en sketse, die Engelse taal, wetenskap en ander niefiksie onderwerpe.

Hy is in die Verenigde State gebore, maar het vir die grootste deel van sy lewe in Groot-Brittanje gewoon. Hy het tussen 1995 en 2003 teruggekeer na die VSA en beskik oor dubbele Amerikaanse en Britse burgerskap.

Hy het van 2005 tot 2011 gedien as die kanselier van Durham-universiteit.

Bryson het bekendheid verwerf in die Verenigde Koninkryk met die publikasie van Notes from a Small Island (1995), 'n verkenning van Brittanje, en die televisiereeks wat daarop gebaseer is. Hy het weer wydverspreide erkenning ontvang met die publikasie van A Short History of Nearly Everything (2003), wat wyd geprys is vir die toeganklike manier waarop wetenskaplike onderwerpe benader word.

Bibliografie Bryson het die volgende boeke geskryf:

Titel Datum van publikasie Genre NotasThe Penguin Dictionary of Troublesome Words Taal In 2002 heruitgegee as Bryson's Dictionary of Troublesome WordsThe Palace under the Alps and Over 200 Other Unusual, Unspoiled and Infrequently Visited Spots in 16 European Countries Reisverhaal The Lost Continent: Travels in Small-Town America Reisverhaal The Mother Tongue: English and How It Got That Way (Verenigde State) / Mother Tongue: The English Language (Verenigde Koninkryk) Taal Verwerk vir Journeys in English in 2004 vir BBC Radio 4.The Penguin Dictionary for Writers and Editors Taal In 2009 heruitgegee as Bryson's Dictionary: for Writers and EditorsNeither Here nor There: Travels in Europe Reisverhaal Met Stephen KatzMade in America (Verenigde Koninkryk) / Made in America: An Informal History of the English Language in the United States (Verenigde State) Taal Notes from a Small Island Reisverhaal Verwerk vir televisie deur Carlton Television in 1998A Walk in the Woods: Rediscovering America on the Appalachian Trail Reisverhaal Met Stephen Katz. In 2015 verwerk in 'n gelyknamige rolprentNotes from a Big Country (Verenigde Koninkryk) / I'm a Stranger Here Myself (Verenigde State Reisverhaal Down Under (Verenigde Koninkryk) / In a Sunburned Country (Verenigde State) Reisverhaal In 2002 heruitgegee as 'n omnibus tesame met A Walk in the Woods as WalkaboutBill Bryson's African Diary Reisverhaal Reise deur Afrika vir CARE InternationalA Short History of Nearly Everything Wetenskap In 2009 verwerk in 'n geïllustreerde kinderboek getiteld A Really Short History of Nearly EverythingThe Life and Times of the Thunderbolt Kid: Travels Through My Childhood Memoirs Shakespeare: The World as Stage Biografie At Home: A Short History of Private Life Geskiedenis One Summer: America, 1927 Geskiedenis The Road to Little Dribbling: More Notes from a Small Island Reisverhaal The Body: A Guide for Occupants Wetenskap In 2022 is 'n geïllustreerde uitgawe van die boek gepubliseer; 'n uitgawe vir kinders getiteld A Really Short Journey Through the Body is in 2023 gepubliseerThe Secret History of Christmas Geskiedenis Uitgereik as 'n luisterboekA Short History of Nearly Everything 2.0 Wetenskap Ten volle hersiene en opgedateerde weergawe van sy 2003-boek

Verwysings

Kategorie:Geboortes in 1951 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Amerikaanse skrywers Kategorie:Britse skrywers