Luigi Di Maio ([luˈiːdʒi di ˈmaːjo]; * 6 Julie 1986 in Avellino, Kampanië) is 'n Italiaanse politikus wat tussen 1 Junie 2018 en 5 September 2019 die ampte van vise-premier van Italië asook dié van minister van ekonomiese ontwikkeling en minister van arbeid en sosiale beleid beklee het. Sedert 5 September 2019 het hy as minister van buitelandse sake in die tweede kabinet van Giuseppe Conte fungeer.

Sedert 23 September 2017 fungeer Luigi Di Maio as leier van die politieke burgerbeweging MoVimento 5 Stelle ("Vyfsterbeweging", M5S). M5S het ná sy sukses in die algemene verkiesing van 2018 (met 33 persent van die uitgebragte stemme was dit die sterkste party) saam met die Lega 'n koalisieregering gevorm.

Die vraag, of M5S al sy verkiesingsbeloftes werklik sal kan nakom, het in 2019 'n skadu oor die beweging begin gooi, terwyl die Lega in meningspeilings 'n hewige toename in gewildheid getoon het.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Italiaanse ministers Kategorie:Adjunk-premiers Kategorie:Ministers van Arbeid Kategorie:Ministers van Buitelandse Sake Kategorie:Ministers van Ekonomie Kategorie:Ministers van Sosiale Sake Kategorie:Geboortes in 1986 Kategorie:Lewende mense