SV Lippstadt 08 is 'n sportklub uit Lippstadt in die deelstaat Noord-Rynland-Wesfale in Duitsland, veral bekend vir sy sokkerafdeling.

Die huidige klub het in 1997 ontstaan uit die samesmelting van Borussia Lippstadt en Lippstädter SV Teutonia, wat beide in 1908 gestig is. Teutonia het in 1921 met SV Westfalia Lippstadt saamgesmelt en het tussen 1931 en 1933 in die top-Wesfaalse liga gespeel (eerste vlak).

Tydens die Tweede Wêreldoorlog het die twee klubs tydelik saam met Luftwaffe Sportverein Lipperbruchbaumas gespeel as 'n gekombineerde oorlogspan, KSG Lippstadt. Hierdie span het die Gauliga Wesfale (Groep 3) gehaal (eerste vlak), maar het nooit 'n ligawedstryd in die Gauliga gespeel nie, aangesien die oorlog dit onmoontlik gemaak het. Na die oorlog is beide Borussia en Teutonia heropgerig en in 1957 het die twee spanne eerste en tweede geëindig in die Landesliga Wesfale (III).

Die klub se tuisveld, Stadion am Waldschlößchen, was voor die samesmelting die tuisveld van Lippstädter SV Teutonia.

Onlangse ligaposisionering 1997-98 (V) Verbandsliga Wesfale 1ste 1998-99 (IV) Oberliga Wesfale 3de 1999-00 (IV) Oberliga Wesfale 3de 2000-01 (IV) Oberliga Wesfale 11de 2001-02 (IV) Oberliga Wesfale 14de 2002-03 (IV) Oberliga Wesfale 4de 2003-04 (IV) Oberliga Wesfale 11de 2004-05 (IV) Oberliga Wesfale 15de 2005-06 (IV) Oberliga Wesfale 13de 2006-07 (IV) Oberliga Wesfale 4de 2007-08 (IV) Oberliga Wesfale

Eksterne skakels Amptelike klubwerf

Regionalliga Wes 2013/14-seisoen Alemannia Aken, VfL Bochum II, Fortuna Düsseldorf II, SC Rooiwit Essen, 1. FC Keulen II, SC Fortuna Keulen, FC Viktoria Keulen, Bayer 04 Leverkusen II, SV Lippstadt 08, Sportvriende Lotte, VfL Borussia Mönchengladbach II, SC Rooiwit Oberhausen, FC Schalke 04 II, Sportvriende Siegen, KFC Uerdingen 05, SSVg Velbert, SC Verl, SG Wattenscheid 09, SC Wiedenbrück 2000

Lippstadt