Homonieme is woorde wat dieselfde spelling het en ook dieselfde klink, maar waarvan die betekenisse verskil. Die verskil in betekenis kan net afgelei word as daar na die konteks waarin dit gebruik word, gekyk word.
Voorbeelde + Homonieme Woord Eerste betekenisEngels Ander betekenisEngels as dit wat oorbly as iets verbrand hetash as van ’n motoraxlebakom 'n koek in die oord te maakbakeskottel om sop te houbowlbankjy sit hieropbench/couchplek om geld te houbank bitter bitter smaakbitter baie (bv. bitter koud)veryblygelukkighappywoonstay/live brak honddog - mutt souterigbriny/saline by insek wat heuning maakbee in die nabyheidnearbydeurby, bv. "die hond word deur sy eienaar gevoer"bydeel van 'n geboudoor eg nie vals niereal/true plaaswerktuigharrow geld betaalmiddelmoney van toepassing wees op, bv. “dit geld nie vir jou nie”apply graaf waarmee jy 'n gat maakspade edelmanearl/count kan in staat weescan (do something) bottel/blik waarin die koffie iscan/container kant uiterste randside fyn weefsellace kap wat jy met hout kan doenchop/cut deksel oor die masjien van ’n motorbonnet/hood ken ’n deel van die gesigchin weet vanto know kies opening tussen tandvleis en wangmolar ’n keuse doenchoice kom skottelbasin/dish iets of iemand nadercome leer toestel waarteen jy kan opklimladder gelooide of gebreide vel van diereleather lewer orgaan in die liggaamliver verskafsupply/deliver maat ritme van musiek/gedigtebeat/measure kameraadfriendmagtoegelaat te wordmay kragpower/might meer in groter hoeveelheidmore groot binnelandse watermassalake noot musiekgeluidnote (musiek) papiergeldnote roer beweegmove ou woord vir ’n geweergunrypwanneer iets in die sneeu vriesfrostwanneer 'n vrug gereed is om te eetripe rys graansoortrice uitstygriseskepom iets te veroorsaak, bv. "jy skep die tekininge"create/causedie aksie om iets met 'n lepel uit 'n bak te haalscoopspelom iets te speel/uitvoergame/playom letters uit te skryf om 'n woord te vormspell staaf blok van metaalbar/rod bevestigconfirm steel handvatsel van bv. ’n besem of hamerhandle/stem diefstal pleegto steal/thievestikdraadlus deur 'n masjienstitchsukkel om asem te haal of veroorsaak.suffocate/choke tog ’n reisjourney soos in “kom tog nou”yet/nevertheless vas nie los niefixed/firm sonder kos blyfast vertrek kamerroom weggaanleaveveekoeielivestock/cattleom stof of vuilheid van die vloer af te verwydersweepveer'n bootferrybedekking van 'n voëlfeatherviernommer na driefourpartytjie te houcelebrate voor waarin die water loopgutter nie agter niein front of
Sien ook Homograaf, woorde wat dieselfde spelling het, maar nie dieselfde betekenis, klankvorm of oorsprong het nie. Homofoon, woorde wat eenders klink, maar die betekenis en spelling verskil. Sinoniem, woorde wat dieselfde betekenis het. Antoniem, woorde wat die teenoorgestelde betekenis het.
Eksterne skakels
Kategorie:Taalkunde Kategorie:Woordvorme