Abednego (Abed-Nego = "kneg van Nebo") is die Babiloniese naam wat Daniël se vriend Asarja van die owerste van koning Nebukadnesar se hofdienaars ontvang het. Nebo was die god van Borsippa - die Babiloniese god van skryfkuns, van handel en verkeer, en van die sterrewiggelaars. Sy planeet is Mercurius.

Verwysings in die Bybel Daniel 1: 7, Daniel 2: 49, Daniel 3: 12-20

Literatuur Die Bybel (1953-Vertaling) Reinecker, Fritz: Lexikon zur Bibel. R. Brockhaus Verlag, Wuppertal 1981.

Sien ook Lys van persone in die Bybel

Kategorie:Mense uit die Hebreeuse Bybel Kategorie:Mense uit die Ou Testament