duimnael|Aankoms van Jesus in Jerusalem, Meester van die Paleiskapel in Palermo, Italië, ca. 1150 duimnael|Intog van Jesus in Jerusalem (1320), skildery deur Pietro Lorenzetti: die ingang na 'n stad op 'n donkie simboliseer aankoms in vrede, terwyl 'n oorlogvoerende koning 'n stad op 'n perd sou binnekom. duimnael|Palmsondagoptog in Moskou tydens die bewind van Aleksei, 1865 duimnael|Flevit super illam ("Hy het daaroor gehuil"); skildery deur Enrique Simonet, 1892 duimnael|Palmsondag. Muurskildery, Khocho, Nestoriaanse tempel, 683–770 (Museum vir Indiese Kuns, Berlyn)
Palmsondag is 'n Christelike fees wat op Sondag voor Paasfees gehou word. Dit is die sesde en laaste Sondag van die vastyd en lui die Heilige Week net vóór Paasfees in. In Evangelies-Lutherse Kerke word dié week ook Stille Week genoem. Die Groot of Heilige Week van die Rooms-Katolieke en Oosters-Ortodokse tradisies sluit ook Paasfees self in. Die Palmsondag se datum hou verband met dié van Paasfees. Palmsonntag. In: Ökumenisches Heiligenlexikon (heiligenlexikon.de). Besoek op 9 April 2020.
Geskiedenis Palmsondag herdenk Jesus se triomfantelike intog na Jerusalem, 'n gebeurtenis waarna al die vier kanonieke evangelies (Matteus 21,1–11, Markus 11,1–11, Lukas 19,28–44 en Johannes 12,12–19) verwys. In die meeste liturgiese kerke word Palmsondag met die seëning en uitreiking van palmtakke of die takke van ander inheemse bome gevier; palmtakke is tydens Jesus se triomfantelike intog na Jerusalem voor hom vertoon. Die moeilikheid om palms in ongunstige klimate te verkry, het daartoe gelei dat hulle met takke van inheemse bome soos boksboom, olywe, wilgerboom en wierook, vervang is. Die Sondag is dikwels na hierdie plaasvervangende bome genoem, byvoorbeeld Olyfsondag of net algemeen Taksondag.
Volgens die Evangelie volgens Johannes (Joh 12,1) was Jesus ses dae voor die Joodse Pesachfees, wat op die aand van die 15de dag van die maand Nisan begin, in Betanië en Betfage. Daardie aand het hy saam met Lasarus en sy susters Maria en Martha geëet. Twee van die dissipels is na 'n teenoorgestelde dorpie ontplooi om 'n vul te haal "waarop nog niemand gery het nie". Die vul sou langs 'n eselin staan; indien gevra, moes hulle sê "dat die Here die vul benodig en dat Hy hom ook weer terug sou bring". Vroeg in die oggend lê die dissipels hul mantels op die rug van die dier, waarna Jesus daarop gaan sit en na Jerusalem ry. Langs die pad staan mense en roep: "Prys Hom! Loof Hom wat in die Naam van die Here kom! Geseënd is ons voorvader Dawid se koninkryk wat aan die kom is! Prys Hom in die hoogste hemel!" (Markus 11,9–10, en Tehilim/Psalms 118,25–26) Hulle het ook hul mantels op die pad uitgebrei en hulle het jong takke van die bome geneem om hulle op die pad te lê.
Nadat hy Jerusalem binnegegaan het, het Jesus na die tempel gegaan. Dit was baie besig daar; ambagte is gemaak en geld is uitgeruil. Jesus verjaag al die handelaars uit die tempel, en Hy het hulle tafels omgegooi. Na hierdie skoonmaak kom daar allerlei siekes na Hom toe wat Hy gesond gemaak het. Saans het Jesus na Betanië teruggegaan.
Datums Die datum van Palmsondag word, nes baie ander feeste en herdenkings van die liturgiese jaar, volgens die Paasfeesdatum bereken. Vervolgens word Palmsondag op die Sondag vóór Paassondag gehou. Die vroegste moontlike termyn volgens die Gregoriaanse kalender is 15 Maart en die laaste moontlike is 18 April. In die Juliaanse kalender, wat veral deur die Oosters-Ortodokse Kerke gebruik word, verskil dié datum effens.
2000–2010 Jaar Weste Ooste 2000 16 April 23 April 2001 8 April 2002 24 Maart 28 April 2003 13 April 19 April 2004 4 April 2005 20 Maart 24 April 2006 9 April 16 April 2007 1 April 2008 16 Maart 20 April 2009 5 April 12 April 2010 28 Maart2011–2021 Jaar Weste Ooste 2011 17 April 2012 1 April 8 April 2013 24 Maart 28 April 2014 13 April 2015 29 Maart 5 April 2016 20 Maart 24 April 2017 9 April 2018 25 Maart 1 April 2019 14 April 21 April 2020 5 April 12 April 2021 28 Maart 25 April2022–2032 Jaar Weste Ooste 2022 10 April 17 April 2023 2 April 9 April 2024 24 Maart 28 April 2025 13 April 2026 29 Maart 5 April 2027 21 Maart 25 April 2028 9 April 2029 25 Maart 1 April 2030 14 April 21 April 2031 6 April 2032 21 Maart 25 April
Verwysings
Verdere leesstof
Eksterne skakels
Kategorie:Paasfees