Die borswerwels, rugwerwels of torakale werwels is in die menslike anatomie die middelste deel van die werwelkolom, dus die 12 werwels tussen die nekwerwels en lendewerwels.
Hulle word as T1 tot T12 afgekort (of as Th1 tot Th12) en is van middelmatige grootte; hulle word al hoe groter ondertoe. Hulle word gekenmerk deur gelyk vlakke aan die kant vir die aanhegting van die koppe van die ribbes, sowel as gelyk vlakke aan die dwarsuitsteeksels van almal behalwe die 11de en 12de werwel, vir die aanhegting van die ribbes se tuberkels.
Eksterne skakels
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Bors Kategorie:Werwelkolom