duimnael|regs|250px|Eugen d'Albert in 1904 Eugen (oospronklik Eugène) Francois Charles d'Albert (10 April 1864 – 3 Maart 1932) was 'n Skots-gebore Duitse pianis en komponis.
Hy het sy opvoeding in Groot-Brittanje ontvang, en het op 'n vroeë stadium musikale talent getoon. Op die ouderdom van sewentien het hy 'n beurs gewen om in Oostenryk te studeer. Hy het 'n verwantskap gevoel met Duitse kultuur en musiek, soveel sò dat hy weldra na Duitsland geïmmigreer het waar hy saam met Franz Liszt gestudeer het en 'n loopbaan as 'n konsertpianisJean-Pierre Thiollet, 88 notes pour piano solo, "Solo nec plus ultra", Neva Editions, 2015, p.52. . begin het en sy vroeëre opleiding en opbrengs in Skotland opgesê en homself voortaan as Duits beskou het.
Terwyl hy 'n loopbaan as 'n pianis nagejaag het, het d'Albert in groter wordende mate gefokus op komposisie en soveel as een-en-twintig operas en 'n aansienlike aantal klavier, vokale, kamermusiek en orkestrale werke gekomponeer. Sy mees suksesvolle opera was Tiefland (opera), wat sy buiging gehad het in Praag in 1903.
Sy suksesvolle orkeswerke het sy tjellokonsert (1899), 'n simfonie, twee strykkwartette en twee klavierkonserte ingesluit. In 1907 het d'Albert die direkteur geword van die Berlyn Universiteit van Kunste (Hochschule für Musik) in Berlyn, waar hy 'n aansienlike invloed uitgeoefen het op musikale opvoeding in Duitsland. Hy was ook aangestel in die pos van Kapellmeister aan die Hof van Weimar. D'Albert was ses keer getroud, insluitende aan die pianis-sanger Teresa Carreño, en was agtereenvolgens 'n Britse, Duitse en Switserse burger.
Biografie
Vroeë lewe en opvoeding
D'Albert was gebore by Crescent Place 4,Die nabye adres van Newton Terrace No. 9 is al wyd gebruik in die literatuur en op die Wêreldwye web, maar Crescent Place 4 word aangegee in die statutêre register van geboortes (Algemene Registrasiekantoor. Skotland, Verw: 644/08 0715) en in die kennisgewing van Eugène se geboorte in die Glasgow Herald van 12 Mei 1864. Glasgow, Skotland as die kind van 'n Engelse moeder, Annie Rowell, en 'n Duits-gebore vader van Franse en Italiaanse afkoms, Charles Louis Napoléon d'Albert (1809–1886), wie se voorouers die komponiste Giuseppe Matteo Alberti en Domenico Alberti ingesluit het.Williamson, John. "Albert, Eugen d'", Grove Music Online, Oxford Music Online, accessed 13 Oktober 2008
D'Albert se vader was 'n pianis, rangskikker asook 'n uiters produktiewe komponis van salonmusiek,Sien werke deur Charles d'Albert by imslp.org: http://imslp.org/wiki/Category:Albert,_Charles_d' wat balletmeester by die Koninklike Teater en by die Koninklike Opera Huis was, ook bekend as Covent Garden.Sands, John. "Dance Arrangements from the Savoy Operas". The Gilbert and Sullivan Archive, 4 April 2010 D'Albert se vader was reeds vyf-en vyftig jaar oud toe hy gebore was.
Die The Musical Times het in 1904 geskryf dat "Dit, en ander omstandighede, gesorg het vir eensaamheid in die seun se huislike lewe en gedurende sy kinderjare. Hy was misverstaan, en tot so 'n mate ingehok, dat hy grootliks benadeel was deur die land wat aan hom geboorte gegee het".The Musical Times, vol. 45, no. 741, 1 November 1904, bldsye. 697–700
D'Albert was grootgemaak in Glasgow en het by sy vader sy musikale opvoeding ontvang totdat hy 'n beurs by die nuwe Nasionale Opleidingsskool vir Musiek ('n voorganger van die Koninklike Kollege van Musiek) in Londen gewen het waar hy in 1876 op die ouderdom van twaalf begin het. D'Albert het by die Nasionale Opleidingsskool gestudeer saam met Ernst Pauer, Ebenezer Prout, John Stainer en Arthur Sullivan. Teen die ouderdom van veertien het hy openbare lof ontvang van The Times as "'n bravura speler van geen geringe orde nie" tydens 'n konsert in Oktober 1878. Hy het die Schumann Klavierkonsert gespeel by die The Crystal Palace in 1880, en meer aanmoediging van The Times ontvang: "'n Beter weergawe van die werk is selde al gehoor."The Times 17 Oktober 1878, bl. 4The Times, 8 Februarie 1881, bl. 8
D'Albert het ook in 1880 'n klavierrangskikking van die stem-gedeelte van Sullivan se gewyde musiekdrama Die Martelaar van Antioch gemaak, ten die einde die koor tydens oefening te begelei.Information about The Martyr of Antioch Die skryf van 'n ouverture tot Gilbert en Sullivan se 1881 opera, Patience (opera), weliswaar onder Sullivan se toesig, word ook aan hom toegedig.Die biograaf Michael Ainger het geskryf dat "Sullivan sy voorlopige skets van die ouverture, aan Eugene d'Albert gegee het om te skryf en te voltooi. D'Albert was 'n sewentienjarige student...en daardie jaar die wenner van die Mendelssohn Beurs" (Ainger, bl. 195). David Russell Hulme het die handskrif in die partituur van Patience gestudeer en bevestig dat dit nie die van Eugene is nie, en ook nie van sy vader nie (soos verkeerdelik gerapporteer is deur die biograaf Arthur Jacobs), beide van wie se handskrif Hulme 'n voorbeeld van gehad het.(Hulme, David Russell, Doktorale verhandeling The Operettas of Sir Arthur Sullivan: a study of available autograph full scores, 1985, Universiteit van Wallis, bldsye. 242–43. Die verhandeling is beskikbaar by party akademiese biblioteke, insluitende die Britse Biblioteek Dokumentsentrum, Boston Spa, Wetherby W. Yorks, Ref # DX171353, en Noord Illinois Universiteit, Call# :ML410.S95 H841986B)
D'Albert het vir baie jare sy opleiding en werk gedurende hierdie tydperk verwerp as nutteloos.Mitchell, Mark and Allan Evans Extensive notes on d'Albert , Arbiter of Cultural Traditions website (2004) The Times het geskryf dat hy "gebore en opgevoed was in Engeland, en sy vroegste suksesse in Engeland behaal het, alhoewel hy in 'n waas van seunsagtige onstuimigheid 'n aantal jare terug alle bande met die land gerepudieer het, waar, volgens sy eie relaas, hy deur blote ongeluk gebore was en niks geleer het nie."The Times, 25 Mei 1886, bl. 10 In latere jare het hy egter sy oortuigings gewysig: "Die voormalige vooroordeel wat ek teen Engeland gehad het, wat deur verskeie gebeurlikhede veroorsaak is, het sedertdien, vir 'n geruime tyd reeds, heeltemal verdwyn."
Loopbaan
In 1881 het Hans Richter (dirigent) vir d'Albert uitgenooi om sy eerste klavierkonsert te speel, wat "ontvang was met entoesiasme". Dit wil voorkom asof dit d'Albert se verlore konsert in A majeur is, en nie die werk wat drie jaar later as sy Klavierkonsert No. 1 in B mineur, Op. 2, gepubliseer is nie.Eastick, Martin. "Eugen d'Albert (1864–1932): Piano Concertos", Hyperion Records, sleeve notes to recording of d'Albert's piano concertos, 1994, accessed 25 Julie 2013
In dieselfde jaar het d'Albert die Mendelssohn Beurs gewen, wat dit vir hom moontlik gemaak het om in Wene te studeer, waar hy Johannes Brahms, Franz Liszt en ander belangrike musikante ontmoet het wat sy spesifieke styl beïnvloed het.Kennedy, Michael (red.) " Albert, Eugen d'", The Oxford Dictionary of Music, 2de uitg., Oxford Music Online, accessed 13 Oktober 2008 D'Albert het sy vroeëre entoesiasme vir Duitse kultuur en musiek behou en die aanhoor van Wagner se epiese opera Tristan und Isolde het 'n groter invloed op hom gehad as die opvoeding wat hy ontvang het van sy vader en...selfs die opvoeding wat hy ontvang het by die Nasionale Opleidingsskool vir Musiek. Hy het sy naam van Eugène na Eugen verander en na Duitsland geïmmigreer, waar hy 'n leerling van die bejaarde Liszt in Weimar geword het.Macdonald, Hugh. "D'Albert, Eugen Francis Charles (1864–1932)", Oxford Dictionary of National Biography, Oxford University Press, 2004, accessed 11 Oktober 2008
duimnael|links|d'Albert en Hermine Finck in 1902 In Duitsland en Oostenryk het d'Albert 'n loopbaan opgebou as 'n pianis. Liszt het hom "die tweede Carl Tausig genoem", en d'Albert kan gehoor word in 'n vroeë opname van Liszt se werke. Hy het in 1882 sy eie klavierkonsert gespeel saam met die Weense Filharmoniese Orkes , wat hom die jongste pianis gemaak het om saam met die orkes te verkyn.
D'Albert het op breedvoerige wyse getoer, insluitende in die Verenigde State van 1904 tot 1905. Sy virtuose tegniek was vergelyk met dié van Ferruccio Busoni.The Musical Times, vol. 102, no. 1422 (Augustus 1961), bldsye. 489–90: Artur Schnabel het gesê dat indien Busoni en d'Albert gekombineer sou word in een persoon, die resultaat een van die grootste musikante van alle tye sou wees, "want d'Albert het al die rou materiaal gehad en Busoni al die verfyndheid."
Hy was geprys vir sy interpretasies van Johann Sebastian Bach se preludes en fugas en vir die interpretasies van Ludwig van Beethoven se sonatas. "As 'n interpreteerder van Beethoven het Eugen d'Albert min, indien enige, gelyke." D'Albert se werk as komponis het geleidelik meer en meer van sy tyd in beslag geneem, en hy het sy konsertoptredes verminder. Hy was die ontvanger van 'n aantal lofredes ten opsigte van sy speelwerk, die mees opmerklike wat gekom het uit die speel van Richard Strauss se Burleske in D mineur, wat hy in 1890 die eerste opvoering van gegee het.
D'Albert was 'n produktiewe komponis. Sy werke sluit 'n groot aantal suksesvolle klavier-en kamermusiekstukke in sowel as liedere. Hy het ook een-en-twintig operas in 'n wye aantal style gekomponeer, die meeste wat in Duitsland hul buiging ontvang het.
Sy eerste opera, Der Rubin (1893) was 'n oosterse fantasie; Die Abreise (1898)-wat hom as 'n operakomponis in Duitsland gevestig het-was 'n eendelige komedie; Kain (1900) was 'n toonsetting van die Bybelse Verhaal; en een van sy laaste operas; Der Golem (opera), was gebaseer op 'n tradisionele Joodse tema.The Times obituary, 4 Maart 1932, bl. 19
Sy mees suksesvolste opera was sy sewende opera, Tiefland (opera), wat sy buiging in Praag in 1903 gehad het. Toe Thomas Beecham die opera aan Londen bekendgestel het, het The Times opgemerk, "die werk is baie aan die dissipline van Sullivan verskuldig; daar is ook 'n vreemde Engelse geur merkbaar".The Times, 1 Oktober 1910, bl. 13 Tiefland is in operahuise van regoor die wêreld opgevoer en het 'n plek behou in die standaard Duitse en Oostenrykse repertoire, met 'n produksie daarvan wat in November 2007 plaasgevind het by die Deutsche Oper Berlin.
Volgens die biograaf Hugh Macdonald, "voorsien dit 'n skakel tussen Italiaanse verismo en Duitse Ekspressionistiese opera, alhoewel die orkestrale teksture meer van 'n Wagneriaanse taal oproep." 'n Ander toneel of teater sukses was die komiese opera genaamd Flauto solo in 1905. D'Albert se mees suksesvolle orkestrale werke sluit sy tjellokonsert van 1899, 'n simfonie, twee strykkwartette en twee klavierkonserte, in.
"Alhoewel nie 'n komponis van diepgaande oorspronklikheid nie...het hy 'n onfeilbare sin van dramatiese toepaslikheid en al die hulpbronne van 'n simfoniese tegniek gehad ten einde dit uitdrukking te gee en sodoende was hy in staat daartoe om sukses te behaal in so baie style" .
D'Albert het kritiese uitgawes van die partiture van Beethoven en Bach geredigeer, en hy het Bach se orrelwerke getranskribeer vir die klavier en kadense geskryf vir Beethoven se klavierkonserte. In 1907 het hy Joseph Joachim opgevolg as direkteur van die Berlyn Universiteit van die Kunste oftewel die "Hochschule für Musik" in Berlyn, in welke kapasiteit hy 'n wye invloed op musikale opvoeding in Dutsland uitgeoefen het. Hy het ook die pos van Kapellmeister aan die Hof van Weimar beklee.
Persoonlike Lewe en Dood duimnael|Graf van d'Albert by die begraafplaas van Morcote D'Albert se vriende het Richard Strauss, Hans Pfitzner, Engelbert Humperdinck (komponis), Ignatz Waghalter en Gerhart Hauptmann, the dramaturg, ingesluit. Hy was ses keer getroud en het agt kinders gehad. Sy eerste vrou was Louise Salingré. Die tweede, van 1892 tot 1895, was die pianis, sanger en komponis van Venezuela, Teresa Carreño.
D'Albert en Carreño was die onderwerp van 'n bekende grap: "Kom gou! Jou kinders en my kinders maak weer rusie met ons kinders!"sien, e.g.,