Jonathan Earl Franzen (gebore op 17 Augustus 1959) is 'n Amerikaanse romansier en essayis. Sy 2001-roman The Corrections is 'n wydlopende en satiriese gesinsdrama en het kritiese lof ontvang. Die roman het aan Franzen 'n nasionale boektoekenning besorg en was 'n Pulitzerprys-finalis. Dit het ook 'n James Tait Black-prys ontvang en was op die kortlys vir die Internasionale Dublin Literêre-prys.
Sy roman Freedom (2010) het ook lof ontvang en gelei tot 'n verskyning op die voorblad van Time onder die opskrif "Grootse Amerikaanse Romansier".
Franzen maak al sedert 1994 bydraes tot die The New Yorker. Sy 1996 Harper's essay Why Bother? betreur die toestand van kontemporêre literatuur. Die Oprah Winfrey boekklub se keuse van The Corrections in 2001 het gelei tot 'n omstrede vete met Winfrey. Meer onlangs is Franzen erken vir sy opinies op 'n verskeidenheid kwessies, van dienste soos Twitter ("Wat gebeur met die mense wat in-diepte wil kommunikeer, individu tot individu, in die stilte en permanensie van die gedrukte woord?"; "die eintlike stof van ons daaglikse lewens is totale elektroniese afleiding [van dit wat eintlik belangrik is]") tot die verganklikheid van e-boeke ("Al die werklike dinge, die outentieke dinge, die eerlike dinge, is besig om af te sterf.") en die self-vernietiging van Amerika.
Bibliografie
Romans The Twenty-Seventh City (1988. Farrar, Straus en Giroux) Strong Motion (1992. Farrar, Straus en Giroux) The Corrections (2001. Farrar, Straus en Giroux) Freedom (2010. Farrar, Straus en Giroux) Purity (2015. Farrar, Straus en Giroux) Crossroads (2021, Farrar, Straus en Giroux)
Kortverhale en uittreksels uit Romans "Facts," Fiction International 17:1, 1987 "Argilla Road," Grand Street #39, 1991 "Somewhere North of Wilmington". Blind Spot 8. (1996):116. "How He Came to Be Nowhere." Granta 54 (1996):111-23 "Chez Lambert." The Paris Review 139 (1996): 29-41 "On the Nordic Pleasurelines Fall Color Cruise," Conjunctions, Lente 1998 "The Failure," The New Yorker, 5 Julie 1999. "At the Party for the Artists with No Last Name." Blind Spot 14 (1999): n.pag. "The Fall," folio in Harper's, April 2000 "When the new wing broke away from the old mansion." The Guardian. 25 Maart 2003: n.pag. "Breakup Stories." The New Yorker. 6 Oktober. 2004.: 85-99 "Two's Company." The New Yorker. 23 Mei 2005.: 78-81 "Good Neighbors." The New Yorker. 8 Junie 2009.: n.pag. "Agreeable." The New Yorker. 31 Mei 2010: n. pag. "Ambition," McSweeney's 37, 2011 "The Republic of Bad Taste." The New Yorker. 8 Junie 2015: n.pag.
Niefiksie 2002 How to Be Alone (essays) 2006 The Discomfort Zone (memoirs) 2012 Farther Away (essays) 2016 (Gasredakteur) The Best American Essays 2016. 2018 The End of the End of the Earth (essays) 2018 Why Birds Matter (National Geographic) 2019 What If We Stopped Pretending? (The New Yorker)
Vertalings 2007 Frühlings Erwachen deur Frank Wedekind 2013 The Kraus Project (memoir en polemiek in die vorm van annotasies tot vertalings van essays deur Karl Kraus; met bykomende notas deur Daniel Kehlmann en Paul Reitter) Am kürzeren Ende der Sonnenallee deur Thomas Brussig. Medewerker, Jenny Watson
Kritiese studies en resensies van Franzen se werk
Crossroads Aanlyn weergawe is getiteld "The church of Jonathan Franzen". ——————— Notas
Verwysings
Kategorie:Geboortes in 1959 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Amerikaanse skrywers