Delbrücker SC is 'n sokkerklub uit Delbrück in die deelstaat Noord-Rynland-Wesfale in Duitsland.

Die klub is oorspronklik in 1920 gestig as die sportklub DJK Delbrück. In 1925 het die sokkerafdeling onafhanklik geword as Ballspielverein Delbrück. In 1949 is die klub vir twee jaar uit alle kompetisies geskors na 'n aanval op die skeidsregter by die Stadion Laumeskamp. Die spelers het die skorsing omseil deur na 'n jaar die klub te ontbind en 'n nuwe klub te stig, die huidige Delbrücker Sport-Club.

Die klub se grootste prestasies was om die Oberliga Wesfale te haal in 2005 en om die hoofrondte van die DFB-Pokal te haal in 2006.

Onlangse ligaposisionering 1990-91 (VI) Bezirksliga 1ste 1991-92 (V) Landesliga Wesfale 1992-93 (V) Landesliga Wesfale 1993-94 (V) Landesliga Wesfale 1994-95 (VI) Landesliga Wesfale 1995-96 (VI) Landesliga Wesfale 1996-97 (VI) Landesliga Wesfale 1997-98 (VI) Landesliga Wesfale 1998-99 (VI) Landesliga Wesfale 1999-00 (VI) Landesliga Wesfale 1ste 2000-01 (V) Verbandsliga 1 Wesfale 2001-02 (V) Verbandsliga 1 Wesfale 2002-03 (V) Verbandsliga 1 Wesfale 10de 2003-04 (V) Verbandsliga 1 Wesfale 9de 2004-05 (V) Verbandsliga 1 Wesfale 1ste 2005-06 (IV) Oberliga Wesfale 12de 2006-07 (IV) Oberliga Wesfale 9de 2007-08 (IV) Oberliga Wesfale

Eksterne skakels Amptelike klubwerf

Oberliga Wesfale 2007/08-seisoen Rooiwit Ahlen II | DSC Arminia Bielefeld II | VfL Bochum II | SC Delbrück | SpVgg Erkenschwick DJK Germania Gladbeck | FC Gütersloh 2000 | Hammer SpVg | SC 04 Westfalia Herne | SV Lippstadt 08 Sportvriende Lotte | SC Preußen Münster | SF Oestrich Iserlohn | FC Eintracht Rheine | FC Schalke 04 II SV Schermbeck | TSG Sprockhövel | SC Wiedenbrück 2000

Delbrück