Tsiame Kenneth Mopeli (20 September 1930 – 1 Oktober 2014) was die Hoofminister van die voormalige Suid-Afrikaanse bantoestan Qwaqwa.

Mopeli is in Namahadi gebore en het sy BA (Hons) in 1954 aan die Universiteit van Suid-Afrika (UNISA) verwerf. Daarna was hy 'n onderwyser en het as radio-omroeper by die SAUK gewerk voordat hy 'n lid van die Qwaqwa Gebiedsowerheid geword het.

Mopeli het die Dikwankwetla Party gestig wat 'n oorwinning in die Qwaqwa-verkiesings van 19 Mei 1975 behaal het. Hy het gevolglik die eerste Hoofminister van Qwaqwa geword. Mopeli het die tuisland regeer totdat Qwaqwa in April 1994 weer by Suid-Afrika ingelyf is.

Kategorie:Suid-Afrikaanse politici Kategorie:Geboortes in 1930 Kategorie:Sterftes in 2014