Superrugby (in die logo word dit geskryf as SupeRugby) is die grootste rugbyklubkampioenskap in die Suidelike Halfrond en bestaan (sedert 2025) uit 11 spanne van Australië, Nieu-Seeland, Fidji en die Stille Oseaan-eilande (feitlik die Cookeilande, Fidji, Samoa en Tonga). Tot in 2015 het 16 spanne elk een keer teen mekaar gespeel en die top vier spanne het deurgedring na die halfeindstryd. Die wenners van die halfeindstryd speel dan in die eindstryd om die algehele wenner te bepaal.
Geskiedenis Super 6 duimnael|Bulls in 'n lynstaan teen die Western Force. duimnael|Die Brumbies veg verbete teen die Western Force. duimnael|Die stormers se 2006 Super 14 span hou 'n spanpraatjie. Voor 1996 het gereelde mededingende rugby in kompetisies van lande in die Suidelike Halfrond vorm begin aanneem, waarvan die vroegste die Suidseekampioenskap was wat in 1986 begin het. Die oorspronklike kompetisie het bestaan uit drie spanne van Nieu-Seeland (Auckland, Canterbury en Wellington) saam met twee Australiese spanne (Queensland en Nieu-Suid-Wallis) en Fidji. Die kompetisie is in 1992 herbekendgestel as die Super Ses.
Super 10 In 1993 het die Super 10 die Suidseekampioenskap en Super Ses-toernooie vervang. Met Suid-Afrika se hertoetrede tot internasionale sport in 1992 was daar 'n geleentheid om 'n uitgebreide weergawe van die kompetisie die lig te laat sien. Die aanvangskompetisie het die volgende spanne ingesluit: Waikato, Auckland, Otago en North Harbour (Nieu-Seeland); Natal, Transvaal en Noord-Transvaal (Suid-Afrika); Queensland en Nieu-Suid-Wallis (Australië) en Wes-Samoa (as verteenwoordiger van die Suidsee-nasies). Die Super 10 is deur Transvaal in 1993 gewen en deur Queensland in 1994 en 1995.
Super 12 Die amptelike verklaring van die professionalisering van rugby in Augustus 1995 het gely tot ’n herstrukturering van die Super 10-kompetisie. Na die sukses van die Wêreldbeker in 1995 het die Australiese, Nieu-Seelandse en Suid-Afrikaanse Rugbyrade SANZAR (Suid-Afrikaanse, Nieu-Seelandse en Australiese Rugby) gestig om ’n jaarlikse 12-span provinsiale kompetisie te administreer waarin streekspanne van die drie nasies teen mekaar sou speel. Hiermee saam is besluit om ’n jaarlikse Drienasiestoetsreeks tussen die drie lande te hou. ’n Noemenswaardige rede vir die ontwikkeling van die Super 12 was die bedreiging vir rugby van die ander rugbysport, rugby league. Deur die instelling van die Super 12 het die drie rade ’n produk gehad waarna die vraag hoog was (veral vir televisie), wat hulle in staat gestel het om ’n 10-jaar kontrak te sluit met News Corp vir eksklusiewe uitsaairegte van VS$ 555 miljoen. Dit het die unies dekking en finansiële ondersteuning gebied om die kompetisie te begin.
Met noemenswaardige borgskappe en die professionalisering van rugby in 1995, het die Super 12-kompetisie suksesvol afgeskop in 1996 met vyf spanne van Nieu-Seeland, vier van Suid-Afrika en drie van Australië. Nieu-Seeland se oorheersing van die kompetisie het reeds in die eerste jaar begin toe die Auckland Blues die aanvangskompetisie gewen het deur die Natal Sharks met 45–21 in ’n tuiseindstryd te klop. Die Blues het 1996 se sukses herhaal in 1997 toe hulle die Australiese ACT Brumbies met 23–7 in die eindstryd geklop het.
In 1998 het Auckland in sy derde agtereenvolgende eindrondte gespeel maar het verloor teen die Canterbury Crusaders met 13–20. Dit het die begin van die Crusaders se drie-jaar oorheersing van die kompetisie ingelui. Hulle het die 1999 en 2000-seisoene gewen teen onderskeidelik die Otago Highlanders en die ACT Brumbies. Die 2001-seisoen was die eerste waarin geen Nieu-Seelandse span die eindrondte kon haal nie. Dit is gespeel tussen die ACT Brumbies en die Natal Sharks waarin die Brumbies oortuigend gewen het met 36–6.
In 2002 het die Crusaders hulle vierde titel ingepalm en hul vyfde net gemis in 2003 toe hulle met vier punte teen die Blues verloor het. In 2004 het die Brumbies wraak geneem in die 2000-eindstryd toe hulle die Crusaders met 47–38 geklop het voor die Crusaders se tuisskare. Die Crusaders het egter in 2005 weer die kompetisie gewen toe hulle teen die Nieu-Suid-Wallis Waratahs (wat in hul eerste eindrondte gespeel het) gewen het met 35–25. Dit was die laaste jaar van die 12-spanformaat van die kompetisie.
Van die vroeë 2000’s af het Australië begin vra vir die insluiting van ’n vierde Australiese span en Suid-Afrika vir ’n vyfde Suid-Afrikaanse span. Daar was ook gissings oor die insluiting van ’n span van die Suidsee-nasies soos Fidji; of ’n gekombineerde Suidsee-eilandespan van Fidji, Samoa en Tonga. Argentinië het ook navraag gedoen om insluiting in die Super 12.
Super 14 duimnael|links|Die Super 14 trofee. duimnael|Amptelike logo van die Super 14. In September 2004 het SANZAR met onderhandelinge begin vir 'n nuwe televisiekontrak wat in 2006 in werking sou tree. Daardie Desember het SANZAR aangekondig dat 'n nuwe TV-kontrak onderteken is met News Corporation wat die uitsaairegte vir die Verenigde Koninkryk, Australië en Nieu-Seeland bekom het en Supersport vir Suid-Afrika. Die kontrak was V$323 miljoen oor vyf jaar werd, wat 'n 16% jaarlikse styging is in vergelyking met die vorige kontrak. Dit dek internasionale sowel as Super 14-wedstryde. SANZAR kon self nog ander transaksies met lande soos Frankryk, Japan en Amerika sluit.
Die Drienasies was die "melkkoei" vir die SANZAR-vennote, aangesien dit ongeveer 60% van die geld van News Ltd. voorsien het. Die Super 14 het slegs omtrent 30% van die kontrak uitgemaak.
Onder die nuwe kontrak het Australië en Suid-Afrika elk 'n ekstra span in die kompetisie gekry en elke Drienasiespan sou nou ses wedstryde speel in plaas van die gebruiklike vier. Die voorstel het ook die moontlikheid van 'n splitsing van die huidige formaat in twee afdelings met sewe spanne oopgehou, maar daar is besluit om die kompetisie in die huidige eentabel-formaat te hou. Argentinië en die Suidsee-eilande is egter steeds onder hierdie voorstel uit die kompetisie gehou.
In 2005 is bevestig dat die nuwe Australiese span in die kompetisie die Western Force, met hul basis in Perth sou wees. Die toevoeging van 'n nuwe Suid-Afrikaanse span het egter tot onmin gelei, en selfs die regering het ingemeng. Uiteindelik is die vyf Suid-Afrikaanse spanne vasgestel en daar is besluit om die vier bestaande spanne te hou met die toevoeging van die Cheetahs, met hul basis in Bloemfontein.
duimnael|Die Lions speel teen die Sharks Die twee nuwe spanne het nie baie goed gevaar nie en die Cheetahs was die beste van die twee. Die Cheetahs het tiende geëindig met vyf seges en die Western Force kon net een wedstryd wen en het heel onder aan die punteleer geëindig. Die hoogtepunt vir die Force was hulle gelykop uitslag teen die uiteindelike kampioene, die Crusaders. Die Crusaders het met die Hurricanes, wie se eerste eindstryd dit was, afgereken met 19–12.
Vir die 2007-seisoen het 22 All Blacks die kompetisie se eerste sewe rondtes misgeloop as deel van 'n All Black-"kondisioneringsprogram". Hierdie program was deel van die All Blacks se voorbereidings vir die Rugbywêreldbeker 2007 en elke Nieu-Seelandse konsessie moes sonder sy sleutelspelers klaarkom in die eerste sewe rondtes. Aan die einde van die seisoen kon geen Australiese span deurdring tot die uitspeelwedstryde nie (die eerste keer sedert 1998). Alhoewel die Brumbies goed vertoon het en die Western Force baie beter vertoon het, was dit nie 'n goeie jaar vir die Reds en die Waratahs nie, wat onderskeidelik laaste en tweede laaste geëindig het. Met die terugkeer van die 22 All Blacks kon die Nieu-Seelandse spanne steeds nie hul volle sterkte bereik nie en die seisoen se kompetisie is vir die eerste keer deur 'n Suid-Afrikaanse span gewen. Die Sharks (tweede op die punteleer) en die Bulls (bo-aan die punteleer) het dinge uitgespook om die trofee. Die eindwedstryd is op die ABSA-stadion in Durban deur die Bulls met 20–19 gewen.
Suid-Afrikaanse onttrekking en herorganisasie Vanweë die wêreldwye Covid-19-pandemie moes die 2020 Superrugbyseisoen kortgeknip word. Vervolgens het in Junie 2020 die Japannese Sunwolves ontbind. In September dieselfde jaar het die Suid-Afrikaanse Rugbyunie aangekondig dat al sy spanne uit Superrugby onttrek sou word en waarskynlik by 'n uitgebreide Pro14/Verenigde Rugbykampioenskap sou aansluit. In 2021 is die plaaslike toernooie "Super Rugby Aotearoa" (Nieu-Seeland), "Super Rugby AU" (Australië) en "Super Rugby Unlocked" (Suid-Afrika) beslis. In dieselfde jaar is "Super Rugby Trans-Tasman" beslis, waartydens die Australiese spanne teen die Nieu-Seelandse spanne te staan gekom het. Gevolglik het die Argentynse Jaguares ná 2020 nie meer aan Superrugby deelgeneem nie en pleks daarvan in 2021 aan die Amerikaanse Superrugbyliga (nou Superrugby Amerikas) deelgeneem. In Desember 2022 is hulle uiteindelik verdeel in die twee spanne Dogos en Pampas wat sedertdien aan die Superrugby Amerikas deelneem.
Ná die 2022-seisoen is 'n nuwe 12-span-toernooi aangekondig met die vyf Australiese en vyf Nieu-Seelandse spanne wat deur Moana Pasifika en 'n Fidjiaanse span aangevul sou word. Nieu-Seeland Rugby het bevestig dat dit met Fiji Rugby en Moana Pasifika wil saamwerk en ook met Australië wil voortgaan. In April 2021 is aangekondig dat lisensies aan beide Fijian Drua en Moana Pasifika gegee is om in 2022 by Superrugby aan te sluit. Die nuwe formaat is in Augustus 2021 bevestig, dit sal onder die naam Super Rugby Pacific plaasvind en na 'n groepfase terugkeer, hoewel die afdelings met een been vervang sal word.
In 2024 is die Melbourne Rebels ná jare se finansiële probleme onder administrasie geplaas en uiteindelik deur Rugby Australia geskrap; dié besluit word sedertdien in die hof betwis.
Spanne
Oorsig van spanneLandSpanStad/AreaStadion/s (Kapasiteit) Australië Brumbies Australiese Hoofstadgebied AHG en Suidelike NSW insluitend Canberra, Queanbeyan, Nowra en Albury Canberrastadion (25 011) Waratahs Nieu-Suid-Wallis Noordelike en sentrale NSW insluitend Sydney, Newcastle, Wollongong, Tamworth en Coffs Harbour Sydney Voetbalstadion (45 500) Reds Queensland Die hele Queensland insluitend Brisbane, Goudkus, Cairns en Rockhampton Suncorpstadion (52 500) Western Force Wes-Australië Die hele WA insluitend Perth, Mandurah, Bunbury and Kalgoorlie nib-stadion (20 500) Fijian Drua Fidji verskeie tuisstadions Nieu-Seeland Blues Auckland, North Harbour en Northland. (Noord-Auckland Skiereiland aan die Noordeiland en die meeste van metropolitaanse Auckland). Edenpark (47 500)North Harbour-stadion (25 000) Chiefs Waikato, Bay of Plenty en Counties Manukau Sentraal en oostelike Noordeiland insluitend Hamilton; Suidelike Auckland, Tauranga en Rotorua Waikatostadion (25 800) Crusaders Canterbury Crusaders, Buller en Tasman. Noordelike en sentrale Suideiland insluitend Christchurch, Nelson, Blenheim en Timaru Rugby League Park (36 000) HighlandersOtago en Southland. Suidelike Suideiland insluitend Dunedin en Invercargill Carisbrook (29 000)Rugbypark-stadion (17 000) Hurricanes Wellington, Wanganui, Taranaki, Manawatu en Hawke’s Baai. Suidelike en suidwestelike Noordeiland insluitend Wellington, Palmerston-Noord, Nieu-Plymouth en Napier Westpacstadion (34 500) Moana Pasifika Oseanië (Cookeilande, Fidji, Samoa en Tonga) Mount Smart-stadion (30 000)
duimnael|Die Crusaders skrum teen die Brumbies in Mei 2006