Die Ubangirivier (Engels: Ubangi River; Frans: Oubangui) is 'n groot wes-vloeiende rivier in Sentraal-Afrika. Die rivier is met 'n lengte van 2 250 km die grootste regte sytak van die Kongorivier.
duimnael|links|Nasa-Satellietbeeld van die Ubangirivier Die Ubangirivier ontstaan deur die saamvloei van die Mbomou en die Uele op die grens tussen die Demokratiese Republiek die Kongo in die suide en die Sentraal-Afrikaanse Republiek in die noorde. Aansluitend vloei die rivier in 'n noordwestelike rigting, voordat hy na 'n wye boog in 'n suidwestelike rigting begin vloei en Bangui, hoofstad van die Sentraal-Afrikaanse Republiek, bereik. Vanaf hier word die Ubangirivier bevaarbaar. Net suid van Bangui begin die Ubangirivier die grens tussen die Demokratiese Republiek die Kongo in die ooste en die Republiek die Kongo in die weste vorm. Net suid van die ewenaar mond die Ubangirivier naby Mbandaka in die Kongorivier uit.
Sien ook Lys van riviere in Afrika
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Riviere in die Demokratiese Republiek die Kongo Kategorie:Riviere in die Republiek die Kongo Kategorie:Riviere in die Sentraal-Afrikaanse Republiek