Die Sharirivier (Engels: Chari River; Frans: Chari) is 'n groot noordwes-vloeiende rivier in Sentraal-Afrika. Die rivier is met 'n lengte van 1 400 km die grootste invloei van die Tsjadmeer.
duimnael|links|Nasa-Satellietbeeld van die Sharirivier Die Sharirivier ontstaan uit die saamvloei van verskeie bronriviere wat in Darfoer, die Noord-Ekwatoriale drempel en die Hoogland van Adamaua ontspring en onderskeidelik in Soedan, Kameroen en die Sentraal-Afrikaanse Republiek geleë is. Dikwels word die rivierloop vanaf Sarh as die eintlike Sharirivier beskou. Aansluitend vloei die rivier in 'n noordwestelike rigting deur Tsjad, voordat by N'Djamena, die land se hoofstad, die Logone in die Sharirivier uitmond. Vanaf hier vorm die rivier die grens tussen Kameroen in die weste en Tsjad in die ooste. Verder noord vloei die Sharirivier in die Tsjadmeer.
Trivia In die Kameroense volkslied word na die Sharirivier verwys.
Sien ook Lys van riviere in Afrika
Eksterne skakels
Kategorie:Riviere in Afrika Kategorie:Riviere in Kameroen Kategorie:Riviere in die Sentraal-Afrikaanse Republiek Kategorie:Geografie van Tsjad