Die Kagerarivier (Engels: Kagera River; Swahili: Mto Kagera), soms ook Akagerarivier genoem, vorm die begin van die Nylrivier se bo-loop en is met 'n lengte van 400 km die grootste invloei van die Victoriameer. Stanley, H.M., 1899, Through the Dark Continent, London: G. Newnes, bl. 167,

duimnael|links|Rusumo-watervalle (gesien vanaf Rwanda, oorkant Tanzanië). Op die agtergrond is die monding van die Ruvubu (links bo) in die Kagera (vloeirigting na links onder). Die Kagerarivier ontstaan as uitvloei vanuit die Rwerumeer op die grens tussen Burundi en Rwanda, net noordoos van die Tanganjikameer. Aansluitend vloei die rivier in 'n oostelike rigting en vorm die grens tussen Rwanda in die noorde en Tanzanië in die suide. Verder oos begin die Kagerarivier in 'n noordelike rigting vloei tot by die drielandepunt tussen Rwanda, Uganda en Tanzanië. Hiervandaan vloei die rivier in 'n oostelike rigting op die grens tussen Uganda in die noorde en Tanzanië in die suide, maar later net suid van dié grens. Verder oos vloei die Kagerarivier naby Bukobain in die Victoriameer.

Geskiedenis Tydens die Rwandese Volksmoord van 1994 is die Kagerarivier gebruik om van die lyke van duisende Tutsis en politieke gematigde Hutus wat langs die rivieroewers vermoor is, ontslae te raak. Die rivier het die liggame tot in die Victoriameer gespoel wat later 'n ernstige gesondheidsgevaar in Uganda sou veroorsaak.

Sien ook Lys van riviere in Afrika

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Riviere in Burundi Kategorie:Riviere in Rwanda Kategorie:Riviere in Tanzanië Kategorie:Riviere in Uganda