Se questo è un uomo (Engels:If This Is a Man) is memoires deur die Italiaanse oorlewende (en skrywer) van die Auschwitz kampe, Primo Levi, wat in 1947 gepubliseer is.
Dit beskryf sy inhegtenisname as 'n lid van die Italiaanse Weerstandsbeweging gedurende die Tweede Wêreldoorlog en sy gevolglike gevangesetting in die Auschwitz-konsentrasiekamp (waarvan die Monowitz-konsentrasiekamp deel was) vanaf Februarie 1944 tot die kamp se bevryding op 27 Januarie 1945.
In die VSA is dit gepubliseer as Survival in Auschwitz.
Verwysings
Kategorie:Memoires