duimnael|regs| Stadion Paffrather Straße, Bergisch Gladbach

SV Bergisch Gladbach 09 is 'n sportklub in Bergisch Gladbach in die deelstaat Noord-Rynland-Wesfale in Duitsland, veral bekend vir sy sokkerafdeling. Die klub het ook 'n pluimbalafdeling.

Geskiedenis Die klub het in 1973 ontstaan uit 'n samesmelting tussen SV 09 Bergisch Gladbach en SSG Bergisch Gladbach.

SV 09 Bergisch Gladbach was die meer bekende klub en is oorspronklik in 1909 gestig. Die klub se grootste prestasie was toe dit in 1953 die Duitse Amateurkampioenskap gewen het deur in die eindstryd met VfB Homberg voor 30 000 toeskouers af te reken (3-2). Verder het die klub in 1954 die kwarteindstryd van die DFB-Pokal gehaal as SC Bergisch Gladbach.

SSG Bergisch Gladbach het in 1971 ontstaan as 'n samesmelting van Sportfreunde Paffrath, Blau-Weiß Hand en SV Katterbach.

Die klub het sy grootste roem te danke aan sy vroue-afdeling wat tussen 1977 en 1989 nege keer die Duitse titel gewen het. Die vroue-afdeling het in 1996 weggebreek en met 'n Keulse klub saamgesmelt. Die klub het in 2008 die huidige naam aangeneem.

Erelys Duitse Amateurkampioenskap (voorganger SV 09 Bergisch Gladbach) 1953

Onlangse ligaplekke

1986-87 (IV) Verbandsliga Middelryn 2de 1987-88 (III) Oberliga Noord-Ryn 16de 1988-89 (IV) Verbandsliga Middelryn 5de 1989-90 (IV) Verbandsliga Middelryn 2de 1990-91 (IV) Verbandsliga Middelryn 13de 1991-92 (IV) Verbandsliga Middelryn 16de 1992-93 (V) Landesliga Middelryn St. 1 6de 1993-94 (VI) Landesliga Middelryn St. 1 3de 1994-95 (VI) Landesliga Middelryn St. 1 1ste 1995-96 (V) Verbandsliga Middelryn 1ste 1996-97 (IV) Oberliga Noord-Ryn 11de 1997-98 (IV) Oberliga Noord-Ryn 15de 1998-99 (V) Verbandsliga Middelryn 4de 1999-00 (V) Verbandsliga Middelryn 8ste 2000-01 (V) Verbandsliga Middelryn 7de 2001-02 (V) Verbandsliga Middelryn 5de 2002-03 (V) Verbandsliga Middelryn 2de 2003-04 (V) (IV) Oberliga Noord-Ryn 18de 2004-05 (V) Verbandsliga Middelryn 6de 2005-06 (V) Verbandsliga Middelryn 1ste 2006-07 (IV) Oberliga Noord-Ryn 12de 2007-08 (IV) Oberliga Noord-Ryn 17de 2008-09 (VI) Verbandsliga Middelryn 1ste 2009-10 (V) Oberliga Noord-Rynland-Wesfale

Eksterne skakels Amptelike klubblad

Oberliga Noord-Ryn 2007/08-seisoen Alemannia Aken II | DSC Arminia Bielefeld II | SSG 09 Bergisch Gladbach | MSV Duisburg II | Swartwit Essen | SC Rooiwit Essen II | Hammer SpVg | SC 04 Westfalia Herne | VfB Hüls | 1. FC Kleve | SC Fortuna Keulen | SV Schermbeck | Sportvriende Siegen | VfB Speldorf TSG 1881 Sprockhövel | SSVg Velbert | SG Wattenscheid 09 | SC Wiedenbrück 2000 | TSV Germania Windeck

Bergisch Gladbach