Friederich von Lindequist (15 September 1862 - 25 Junie 1945) was goewerneur van Duits-Suidwes-Afrika.

Hy is in 1862 op die eiland Rügen in die Oossee gebore. Hy sluit hom by die staatsdiens aan en was konsul-generaal voor hy in 1905 goewerneur van Duits-Suidwes-Afrika geword het. Hy het die pos tot 1907 beklee en sterf in 1945.

Sien ook Lys van Goewerneurs van Suidwes-Afrika

Bronne Rosenthal, Eric; Encyclopaedia of Southern Africa; Juta and Company Limited, Cape Town & Johannesburg, 1980.

Kategorie:Duitse goewerneurs Kategorie:Geskiedenis van Namibië Kategorie:Geboortes in 1862 Kategorie:Sterftes in 1945