duimnael|Ultranasionalisme is een van die hoofkenmerke van Neo-Nazistiese ideologie. Die foto wys Duitse betogers wat Rudolf Hess as 'n soort nasionale martelaar beskou. Die relativering van Duitsland se alleenskuld vir die Tweede Wêreldoorlog is 'n kernelement van Neo-Nazistiese wêreldbeskouing in Duitsland se verregse bewegings. Neo-nazisme is 'n sambreelterm wat na militante maatskaplike of politieke bewegings verwys wat na die Tweede Wêreldoorlog gevestig is met die doelwit om die ideologie en beleid van Duitse Nazisme te laat herleef en te implementeer. Neo-nazisme is 'n wêreldwye verskynsel met 'n verskeidenheid doelwitte, alhoewel internasionale netwerke gevestig is. Die ideologiese grondslag van neo-nazistiese groeperings word gekenmerk deur elemente wat aan die oorspronklike Nazi-doktrine ontleen is, insluitende ultranasionalisme, rassisme, xenofobie, homofobie, diskriminasie van geestelik of liggaamlik gestremdes, antisemitisme en anti-kommunisme. Oorlogsmisdade van Duitsland se Nazi-bewind en Nazi-weermag word ontken of gerelativeer, so ook die Holocaust.
Dit is 'n voortsetting van die nasionale sosialistiese ideologie wat die Indo-Europese ras of, in 'n meer uiterste sin, wit mense, die Ariese ras, beter as alle ander rasse beskou. Die ideologie veronderstel ook dat Judaïsme na wêreldoorheersing streef en die uiteindelike vernietiging van die wit ras voorstaan. Dikwels word geweld verheerlik en tradisionele gesinswaardes beklemtoon. Die meeste beskrywings gee egter 'n vereenvoudigde voorstelling van Neo-Nazisme as politieke en maatskaplike verskynsel. So wys navorsers daarop dat daar in enkele verregse kringe inderdaad 'n diskoers oor homoseksualiteit gevoer word deur Neo-nazis wat hulself as homofiel beskryf, so deur die bekende Wes-Duitse Neo-nazi Michael Kühnen (wat in 1991 aan vigs oorlede is) in sy strydskrif Nationalsozialismus und Homosexualität (1986).bpb.de: Schwule Nazis?! (Männliche) Homosexualität und Homosexuellenfeindlichkeit in der extremen Rechten. Besoek op 24 Maart 2019
Internasionale stand duimnael|'n Unite the Right-betoging in Charlottesville, Virginië. Verregse Amerikaanse groeperings voel bedreig deur massaimmigrasie wat die Protestants-Angel-Saksiese karakter van hul samewerking vir goed sal verander – vandaar die Gekonfedereerde vlag as gewilde simbool. Die Nasionaal-Sosialistiese Duitse Arbeidersparty (NSDAP) word na die Tweede Wêreldoorlog as 'n kriminele organisasie saam met al sy dogterorganisasies verklaar. Nazisme is in Duitsland en in baie ander lande na die Tweede Wêreldoorlog verbied. Klein groepe neo-Nazi's bestaan egter steeds regoor die wêreld. Hulle vestig aandag in die media as gevolg van gewelddadige optrede teen hoofsaaklik immigrante of weens openlike neo-Nazi uitsprake. 'n Voorbeeld hiervan is die NSDAP / AO (Nationalsozialistische Deutsche Arbeiterpartei/Auslands-Organisation, oorspronklik die benaming vir die NSDAP se buitelandse dogterorganisasies wat in 1972 deur 'n nuutgestigte organisasie in die Amerikaanse deelstaat Nebraska oorgeneem is), wat hulself net met neo-Nazi-propaganda besig hou. Benewens neo-Nazi's, is daar verwante groeperings wat die bestaan van die Holocaust en ander historiese feite oor Nazisme ontken en die Duitse NS-bewind tussen 1933 en 1945 in 'n positiewe lig probeer stel.
Van die bekendste persoonlikhede, wat in hierdie kategorie val, was Richard Verral, lid van die Britse National Front (NF), wat onder die pseudoniem Richard E. Harwood in 1974 'n pamflet onder die titel Did Six Million Really Die? The Truth At Last gepubliseer het (alhoewel die NF later ontken het dat die omstrede strydskrif uit Verral se pen gekom het), en die Duitse uitgewer Ernst Zündel (1939−2017) wat die pamflet, wat onder meer in Suid-Afrika en Duitsland tot onwettige publikasie verklaar is, internasionaal versprei het. Die pamflet is, net soos ander publikasies waarin die Holocaust ontken word, tot en met 2017 deur die Amerikaanse aanlynwinkel Amazon.com verkoop. Eers toe Joodse belangegroepe daarop aangedring het, is die titels uit die aanlynwinkel verwyder.The Jewish Chronicle, 8 Maart 2017: Under pressure, Amazon stops selling Holocaust-denial books. Besoek op 26 Maart 2019 Die Amerikaanse reg tot meningsvryheid dek nogtans die publikasie en verspreiding van hierdie soort literatuur.
Daar is ook politieke partye en groepe wat Nazi-idees verkondig, maar hulself nie openlik as nasionaal sosialisties voorhou nie.
Neo-Nazi's vorm nie 'n blok nie en daar is groot verskille binne lande en ook binne bewegings. Daar is byvoorbeeld dikwels 'n oorvleueling in die Verenigde State tussen Ku Klux Klan-splintergroepe en die neo-Nazi's, en hul aggressie fokus gewoonlik op swartes, Hispanics (mense van Latyns-Amerikaanse afkoms) en Asiërs saam met die Jode. Duitse neo-Nazi's is meer dikwels gekant teen ongewenste immigrasie van nie-Europeërs en multi-kulturele samelewings, daarnaas word ook die politieke stelsel van die Duitse Bondsrepubliek asook die staat se regmatigheid bevraagteken. Russiese neo-Nazi's fokus meer dikwels op 'tsjorni' of 'swartes' (immigrante uit oorwegend Islamitiese dele van Rusland en die voormalige Sowjetunie). Daar is ook 'n beweging genaamd die Nasionale Bolsjewiste, wat Nazi en Kommunistiese elemente kombineer. Daar is ook gevangenisbendes wat hulself as neo-Nazi's voorstel, soos die Aryan Brotherhood en Nazi-Lowriders.
Na die Duitse hereniging, veral in die voormalige Duitse Demokratiese Republiek (DDR), het 'n beskeie toename in neo-Nazisme ontstaan. In die DDR, waar anti-fascisme tot staatsideologie verhef is, is die aantal Neo-Nazi's deur die opposisionele jeugbeweging op sowat 2 000 beraam. Oos-Duitse media het nouliks verslag gedoen oor neo-nazistiese voorvalle. Toe neo-Nazi's op 17 Oktober 1987 'n punk-konsert in die Oos-Berlynse Zion-kerk aangeval het, het die Oos-Duitse polisie (Volkspolizei) nie ingegryp nie. Die voorval het opslae in die hele Berlyn gemaak. DDR-media het beweer dat die aanvallers in waarheid Wes-Berlyners sou wees en die hele voorval net daarop gemik was om die DDR se internasionale reputasie te benadeel.
Voorts kon neo-Nazi partye/bewegings nie in Duitsland of in ander lande 'n betekenisvolle politieke mag bekom nie.
Geskiedenis van neo-Nazisme in Suid-Afrika Nazi immigrante en die Duitse gemeenskap in Suid-Afrika Volgens die Wiener Library Bulletin, wat radikale regse organisasies gemonitor het, was Suid-Afrika in die 1960s naas Argentinië, die land wat die grootste groep geharde neo-Nazi's as enige ander land geherberg het. Dit is ook in die verslag gestel dat dié neo-Nazi's slegs 'n baie klein persentasie van die Duitssprekende bevolking in die Unie en Suidwes-Afrika uitgemaak het.Hitlerites' refuge in South Africa, Wiener Library Bulletin 14(2), 1960, bl. 27. Ingo Hasselbach, wat voorheen by die neo-Nazi beweging in Duitsland betrokke was, het ook beweer dat ondersteuners in Duitsland kontak met Nazi's in Suid-Amerika behou het en bygevoeg: " ... dit is een van die belangrikste bronne van beduidende Nazi-skenkings - Suid-Amerika, en ook Suid-Afrika, in albei plekke waar oorlogsmisdadigers ondernemings en plase besit." I. Hasselbach, Führer-Ex, bl. 161.
Voorts het enkele Belgiese en Nederlandse Nazi's ook na Suid-Afrika verhuis en saam met veral oud-SS lede die kern van 'n neo-Nazi teenwoordigheid in Suid-Afrika gevorm. Daar was ook 'n aantal Duitsers wat vir 20 jaar of meer in Suid-Afrika gewoon het en geweier het om te aanvaar dat Adolf Hitler boos was. Die Nazi-beweging in Suid-Afrika het na bewering in die Duitse Klubs van die Unie en die destydse Suidwes-Afrika gefloreer, ten spyte daarvan dat die meeste lede teen Nazi-idees gekant was.Jacques Pauw, "Heil Hitler in Pretoria", Huisgenoot, 3 September 1987, bl. 18. Sommige van die immigrante het deur die jare noue bande met regse bewegings in die land opgebou. 'n Bekende figuur was Heinrich Beissner (gebore 1913 - ?), 'n oud-vlieënier van die Duitse Lugmag gedurende die Tweede Wêreldoorlog, wat gereeld by byeenkomste van die Afrikanerweerstandsbeweging (AWB) en Boerestaat Party opgemerk is. In 1989 het die AWB-lyfblad hierdie "Deftige Herr Oberst" as een van die beweging se ywerigste werkers en Die sweepslag (AWB Nuusbrief) se grootste vriend beskou.Die sweepslag 1(4), Junie 1989, bl. 6-7.Boerestaat Nuusbrief, 1990, bl. 2.
In die vroeë sewentigerjare was daar 'n openbare neo-Nazi-byeenkoms toe dr Karl Heusler,J. Pauw. "Heil Hitler in Pretoria", Huisgenoot, 3 September 1987 verwys na ene dr. R. Heusler, maar dit is waarskynlik 'n fout. een van die groot leiers van dié ideologie, oorlede is. Nazi-simboliek is tydens sy begrafnis vertoon waaronder 'n swastikavlag wat oor sy kis gedrapeer was, en die Nazi-saluut wat by sy graf gegee is. Daar het volgens Pauw geen formele vereniging van oud-Nazi's in Suid-Afrika bestaan nie. Neo-Nazi-groepe dwarsoor die wêreld behou egter kontak met mekaar en byeenkomste van oud-Nazi's in München is elke jaar deur Suid-Afrikaners bygewoon. Jacques Pauw, "Heil Hitler in Pretoria", Huisgenoot, 3 September 1987, bl. 18-19.
Na Rudolf Hess se dood het Koos Vermeulen van die Afrikaner Nasionaal-Sosialiste (ANS, ‘n wegbreekgroep vanuit die AWB) 'n groot rol in die organisering van 'n gedenkdiens vir Hess in Suid-Afrika gespeel. Hierdie diens is op 20 Augustus 1987 in die Pretoria-Wes begraafplaas gehou en was in die deel wat vir die Duitse gemeenskap opsy gesit is. Gaste is individueel oor die telefoon genooi en sowat 250 mense, sommige met swastika-lapelwapens, het opgedaag. Onder die gaste was Kays Smit en P.W. Bingle van die AWB, Johan Schabort van die Blanke Bevrydingsbeweging (BBB), Meinhard Peters van die Herstigte Nasionale Party (HNP) en die buitelandse besoeker Thies Christophersen, 'n oud-soldaat en veral bekend vir sy boek waarin hy die Auschwitz-massamoord 'n leuen noem. Na 'n aantal toesprake, onder andere deur Schabort en Peters is kranse by die steen monument wat die gevalle Duitsers van die Tweede Wêreldoorlog herdenk, gelê. 'n Musikale tussenspel het gevolg waarna twee groot swastikavlae stadig deur Vermeulen se twee kinders, geklee in die uniform van die Voortrekkerbeweging, ontplooi is.A. Kemp, 1990. Victory or violence, The story of the AWB. bl. 78-79.
Afrikanerbewegings Reeds voor die Tweede Wêreldoorlog was daar enkele kleiner inheemse Nazistiese en fascistiese bewegings aktief in die Afrikanergemeenskap. Hierdie bewegings se klem op nasionalisme het aanklank gevind en is deur sommige Afrikaners ondersteun en het daartoe gelei dat van die vooroorlogse Nazi en fascistiese bewegings na die oorlog nog vir ‘n tyd bly voortbestaan het. Die Gryshemde is in Mei 1950 amptelik ontbind alhoewel hul leier Louis Weichardt tot en met 1970 aktief in die politiek betrokke was. Die Ossewa-Brandwag is eers in 1954 ontbind terwyl die Nuwe Orde teen 1958 opgehou funksioneer het. Ook Robey Leibbrandt was tot en met sy dood in 1966 polities aktief. Een van hierdie bewegings wat na die oorlog bly voortbestaan het, was Die Boerenasie. Visser, Myda Marista, 1999. Die Ideologiese Grondslae en Ontwikkeling van die Blanke Fascistiese Bewegings in Suid-Afrika, 1945-1995. Magister Artium Tesis in Kultuurgeskiedenis, Fakulteit Lettere en Wysbegeerte, Universiteit van Pretoria, Pretoria, bl.105.
Die Boerenasie duimnael|Genl. Manie Maritz