The Godfather is 'n Amerikaanse misdaadrolprent uit 1972. Francis Ford Coppola is die regisseur en Albert S. Ruddy die vervaardiger.
Dit is gebaseer op Mario Puzo se gelyknamige blitsverkoper roman. Marlon Brando en Al Pacino speel die hoofrolle as die leiers van 'n fiksionele New Yorkse misdaadfamilie.
Die verhaal omvat die periode 1945 tot 1955 en is 'n kroniek van die familie onder die patriarg Vito Corleone (gespeel deur Brando), en fokus op die transformasie van Michael Corleone (gespeel deur Pacino) van 'n teësinnig of huiwerige buitestaander in die familie na 'n genadelose Mafiabaas.
Paramount Pictures het die regte tot die roman verkry vir $80,000, voordat dit gepopulariseer is.Allan, John H. (April 17, 1972). "'Godfather' gives boost to G&W profit picture". Milwaukee Journal. (New York Times). bl. 16, deel 2.Allan, John H. (April 16, 1972). "Profits of 'The Godfather'". The New York Times. Opgespoor 2018-09-10
Die ateljeebestuurders het moeite gehad om 'n gepaste regisseur te vind. Hulle eerste paar kandidate het die pos afgewys. Hulle en Coppola het verskille gehad oor karakters en deur wie hulle vertolk moes word, veral die rolle van Vito en Michael. Verfilming het grotendeels plaasgevind in New York asook in Sisilië en is voor skedule voltooi. Die klankbaan is gekomponeer deur Nino Rota, met bykomende stukke deur Carmine Coppola.
Die rolprent het die meeste vir 1972 verdien"IMDb: Top-US-Grossing Titles Released 1972-01-01 to 1972-12-31". IMDb. Opgespoor 2018-09-10. en was vir 'n geruime tyd die rolprent wat die meeste ooit verdien het.Allan, John H. (April 16, 1972). "Profits of 'The Godfather'". The New York Times. Opgespoor 2018-09-10. Dit het die Oscar gewen vir Beste Prent, Beste Akteur (Marlon Brando) en Beste Aangepaste Draaiboek (vir Mario Puzo en Francis Ford Coppola). Die rolprent se sewe ander Oscar benoemings sluit in Al Pacino, James Caan, Robert Duvall (Beste Ondersteunende Akteur) en Coppola vir Beste Regisseur in.
The Godfather word wyd gereken as een van die beste rolprente in die geskiedenis van wêreldteater en -bioskopie en as een van die invloedrykste rolprente ooit, veral wat die "bende genre" betref.Gambino, Megan (31 Januarie 2012). "What is The Godfather Effect?". Smithsonian. Opgespoor op 2018-09-10.
Dit is in 1990 gekies vir bewaring in die Nasionale Filmregister van die Biblioteek van die V.S.A. Kongres as "kultureel, geskiedkundig, of esteties betekenisvol of beduidend" en word deur die Amerikaanse Filminstituut gelys as die derde beste rolprent in die Amerikaanse rolprentwese (na Casablanca). Dit is opgevolg deur The Godfather Deel II (1974) en The Godfather Deel III (1990).
Verwysings
Kategorie:Amerikaanse rolprente Kategorie:Engelse rolprente