Hebe (kleinplaneetnaam: 6 Hebe) is ’n groot asteroïde in die asteroïdegordel waarvan die massa sowat ’n halwe persent van die hele gordel s’n is. Vanweë sy skynbare digtheid tel Hebe nie onder die top-20-asteroïdes wat volume betref nie. Dit is waarskynlik ’n soliede liggaam wat nie baie botsings ondervind het nie – dit is ongewoon vir asteroïdes van dié grootte wat gewoonlik los "rommelhope" is.

Wat skynbare magnitude betref, is Hebe die vyfde helderste voorwerp in die asteroïdegordel, naas 4 Vesta, 1 Ceres, 7 Iris en 2 Pallas. Dit het met opposisie ’n gemiddelde magnitude van +8,3, byna dié van Titaan,The Brightest Asteroids en kan tot +7,5 bereik met ’n opposisie naby perihelium.

Hebe is moontlik die moederliggaam van die H-chondrietmeteoriete, wat sowat 40% uitmaak van alle meteoriete wat die Aarde tref.

Verwysings

Eksterne skakels

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Asteroïede