Iris (kleinplaneetnaam: 7 Iris) is ’n groot asteroïde in die asteroïdegordel. Dit is die vierde helderste voorwerp in die gordel en word geklassifiseer as ’n S-tipe asteroïde, wat beteken dit het ’n klipagtige samestelling. Dit het ’n groot helder streek in sy noordelike halfrond. Dit is oor die algemeen baie helder en sy oppervlaksamestelling is waarskynlik ’n mengsel van nikkel-yster met magnesium-en-ystersilikate.
Iris het met opposisie ’n gemiddelde skynbare magnitude van +7,8, vergelykbaar met dié van Neptunus, en kan met die meeste opposisies met ’n verkyker gesien word. Dit is dan meestal helderder as die groter maar donkerder 2 Pallas. Soms kan dit naby perihelium ’n magnitude van +6,7 bereik, wat helderder as 1 Ceres is.
Verwysings
Eksterne skakels
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Asteroïede