duimnael|Grigory Sokolof (2015) Grigory Lipmanovich Sokolof (Russies риго́рий Ли́пманович Соколо́в) gebore 18 April 18 1950, is 'n Russiese konsertpianis. Hy is een van die mees gerespekteerde lewende pianiste en word wyd bewonder as 'n pianis van onwrikbare tegniese perfeksie, visioenêre interpretasies en 'n breë repertoire; wat werke van komponiste van die Barok era soos Johann Sebastian Bach, François Couperin of Jean-Philippe Rameau, tot Arnold Schoenberg en Boris Arapov; insluit. Hy toer gereeld in Europa (uitgesluit die Verenigde Koninkryk), en woon in Italië wanneer hy nie toer nie.

Biografie Sokolof was gebore in Leningrad, nou Sint Petersburg, in 'n gesin van 'n Joodse vader, Lipman Girshevich Sokolov, en 'n Russiese moeder, Galina Nikolayevna Zelenetskaya. Hy het op die ouderdom van vyf jaar die klavier begin bestudeer en by die Sint Petersburg Konservatoria (Leningrad Konservatoria) se spesiale skool vir kinders op die ouderdom van sewe jaar ingeskryf ten einde saam met Leah Zelikhman te studeer. Nadat hy gegradueer het van die skool het hy voortgegaan om te studeer by die Sint Petersburg Konservatoria saam met Moisey Khalfin. Op 12 jarige ouderdom het hy sy eerste groot opvoering in Moskou by die Filharmoniese Genootskap gegee, in 'n konsert van werke deur Bach, Beethoven, Robert Schumann, Chopin, Mendelssohn, Sergei Rachmaninoff, Scriabin, Franz Liszt, Claude Debussy en Dmitri Sjostakowitsj. Op die ouderdom van 16 het hy internasionale aandag begin trek toe die jurie tydens die 1966 Internasionale Tsjaikofski Klavierkompetisie onder hoof van Emil Gilels eenpariglik aan hom die goue medalje toegeken het. Dit wil voorkom asof dit dalk 'n verrassende uitslag was: "16 jaar-oue Grisha Sokolof wat uiteindelik die wenner van die kompetisie geword het; was nie ernstig opgeneem deur enigeen op daardie tydstip nie."Vladimir Krainev quoted in Russia's Great Modern Pianists, Mark Zilberquit 1983

Ten spyte van die internasionale aansien van die sukses van die Tsjaikofski Kompetisie, het SokolofJean-Pierre Thiollet, 88 notes pour piano solo, "Solo nec plus ultra", Neva Editions, 2015, p.51. . se internasionale loopbaan slegs na die einde van die 1980's begin floreer. Sommige het al gespekuleerInternational Piano September/October 2006 dat die feit dat hy nie ontsnap het nie, en ook die feit dat die Sowjet regering slegs beperkte reis toegelaat het te blameer was. Dit word egter weerspreek deur die feit dat Sokolov VSA konserttoere gegee het in 1969, 1971, 1975 en 1979, sowel as die verskeie opvoerings in ander dele van die wêreld soos Finland en Japan. "Sokolof se lewe as 'n reisende solis is nogal baie oorweldigend. Hy toer baie, in beide sy vaderland en ook oorsee."

The 1980s blyk ietwat van 'n struikelblok te gewees het tot Sokolof se loopbaan in die V.S.A. "In die begin het ek baie konserte in Amerika gespeel; in 1969, '71 en, ek dink, 1975. Na dit was daar 'n breuk in die verhoudinge tussen die V.S.A. en die Sowjetunie- hulle was vervreemd deur die Sowjet-Afgaanse Oorlog. 'n Geskeduleerde toer in die V.S.A. was gekanselleer in 1980. Toe was alle kulturele ooreenkomste tussen die twee lande daarna ook gekanselleer.".Sokolof soos gekwoteer in "Pianist left out by the Cold War. U.S.-Russian difficulties kept Grigory Sokolof a mystery to all but those in conservatories." Karen Schaefer, The Plain Dealer, Cleveland, 4 March 1996 Bykomend hiertoe, gedurende die opbreek van die voormalige Sowjetunie, het Sokolof geen konserte gespeel buite Rusland nie.Karen Schaefer, The Plain Dealer, Cleveland, 4 Maart 1996 Hy is egter nou 'n welbekende figuur in konsertsale regoor Europa, maar is hy nie so bekend in die VSA nie Sokolof het relatief min opnames tot op datum vrygestel, en het niks vrygestel gedurende die 20 jare tussen 1995 en 2015 nie. Hy het egter in 2014 'n kontrak geteken met Deutsche Grammophon om opnames vry te stel van sommige van sy lewendige opnames, en in 2015 het hy 'n 2-CD lewendige opname van sy Salzburg opvoering van twee sonatas deur Wolfgang Amadeus Mozart, Chopin se siklus van 24 Preludes en toegift stukke deur Skriabin, Chopin, Rameau en Bach vrygestel.

Openbare Verklarings In Maart 2009, het Sokolof 'n beplande konsert gekanselleer in Londen as gevolg van Britse visumvereistes wat vereis dat alle nie-E.U. werkers vingerafdrukke en oogafdrukke voorsien met elke visumaansoek.(hy het ook sy 2008 konsert op skynbaar soortgelyke gronde gekanselleer). Sokolof het geprotesteer dat sulke vereistes eggos van Sowjet onderdrukking bevat. Nadat die Britse musiekkritikus Norman Lebrecht die Cremona Musiekprys in 2014 ontvang het, het Sokolof, by die aanhoor daarvan dat die Cremona Musiekprys in 2015 aan hom toegeken is, geweier om die toekenning te aanvaar. Hy het sy verklaring ter verduideliking bekend gestel op sy webtuiste: "Volgens my idees van elementêre fatsoenlikheid, is dit 'n skande om in dieselfde lys van wenners van die toekenning as Lebrecht te wees." Sokolov se verklaring verwys skynbaar na persoonlike opmerkings wat Lebrecht gemaak het oor Sokolov se familie.

Invloede Sokolof het die volgende pianiste genoem wat hom geïnspireer het tydens sy jare van studie: "Van die wat ek gehoor het op die verhoog sal ek die graagste eers wil noem Emil Gilels. Te oordeel aan die opnames, was dit Sergei Rachmaninoff, Vladimir Sofronitski, Glenn Gould, Solomon en Dinu Lipatti. Wat betref estetika, voel ek die naaste aan Anton Rubinstein."

Repertorium Die 14 CDs (2 van Bach, 2 van Beethoven, 2 van Schubert, 2 van Chopin, 1 van Brahms, en 1 van Scriabin, Rachmaninoff en Prokofiëf— almal opgeneem op die plaatetiket Opus 111, plus 'n 2-CD 2008 opvoering stel vrygestel in 2015 en 'n ander 2-CD stel geneem van opvoerings in 2013 en vrygestel in 2016, beide vrygestel deur die plaatetiket Deutsche Grammophon op CD en langspeler (LP) en 1 DVD ('n lewendige opvoering in Parys) wat tans beskikbaar is stel 'n vinnige kykie daar na wat tans deur Sokolof beskikbaar is. Daar is nou 'n tweede (DG) DVD van 'n konsert (insluitende die 'Hammerklavier' Sonata van Beethoven) wat opgeneem is in die Berlynse Filharmoniese Konsert op 5 Junie 2013. Hierdie DVD was gemaak deur Bruno Monsaingeon

Boris Aparov Concerto vir viool, klavier en perkussie Etude-Scherzo Sonatas No. 1, 2 & 5

Johann Sebastian Bach Kuns van die Fuga Engelse Suite No.2 Fantasie & Fuga in A mineur, BWV 904 Franse Suite No.3 Goldberg Variasies Italiaanse Konsert in F majeur, BWV 971 Ouverture in die Franse Styl, BWV 831 Partitas Nos. 1, 2, 4 & 6 Sonata "Hortus Musicus" deur Johann Adam Reincken BWV 965 Toccata in E mineur, BWV 914 Das Wohltemperierte Klavier Boek I Das Wohltemperierte Klavier Boek II Bach-Siloti Prelude in B mineur Bach-Brahms Chaconne vir die linkerhand BWV 1004 Bach-Ferruccio Busoni "Ich ruf zu dir, Herr Jesus Christ" BWV 639 Bach-Busoni "Nun freut euch, lieben Christen g’mein" BWV 734

Ludwig van Beethoven Sonatas No. 2, 3, 4, 7, 9–11, 13–17 & 27–32 Diabelli Variasies Concertos No. 1 & 5 Rondos Op.51 & Op.129 Bagatelles Op.119

Johannes Brahms

Sonata No.1 in C majeur, Op.1 Sonata No.3 in F mineur, Op.5 4 Ballades Op.10 Klavierkonsert No.1 in D mineur, Op.15 Variasies op 'n Tema van Händel Op. 24 2 Rapsodieë Op.79 Klavierkonsert No.2 in B-mol majeur, Op.83 7 Fantasieë Op.116 3 Intermezzi Op.117 6 Klavierstücke Op.118 4 Klavierstücke Op.119

Byrd

Pavan & Galliard MB52 Alman MB11 Prelude MB12 Clarifica me Pater (II) MB48 Qui Passe MB19 Mars voor die Geveg MB93 Battle MB94 Galliard vir Oorwinning MB95

João de Sousa Carvalho- Sokolov Toccata en Andante in G

Frédéric Chopin

Ballade No.4 in F mineur, Op.52 Concertos Nos. 1 & 2 Etude Op.10 No.8 Etudes Op.25 Fantasie-Impromptu Op.66 Fantasie Op.49 Impromptus Op.29, Op.36 & Op.51 Mazurkas Op.7 No.2, Op.17 No.4, Op.30 Nos. 1–4, Op.33 No.4, Op.50 Nos. 1–3, Op.63 Nos. 1–3, Op.67 No.2, Op.68 Nos. 2–4, Op.postuum Nocturne Op.15 No.1, Op.27 No.1, Op.32 Nos. 1 & 2, Op.48 Nos. 1 & 2, Op.62 Nos. 1 & 2, Op.72, Op. postuum. Polonaise-Fantasie Op.61 Polonaise Op.26 No. 1 & 2, Op.40 No.2, Op.44, Op.53, Op. postuum. Prèludes Op.28 Sonatas Nos. 2 & 3 Waltz No.17 Op.postuum.

Couperin Le Tic-Toc-Choc ou les Maillotins Pièces de clavecin Boek III Ordre XIII & Ordre XVIII

Claude Debussy

Des pas sur la neige (van Preludes, Boek I, No.6) Canope (van Preludes, Boek II, No.10)

César Franck

Prelude, Koraal & Fuga

Johann Jakob Froberger Toccata FbWV101 Canzon FbWV301 Fantasie FbWV201 Ricercar FbWV411 Capriccio FbWV508 Partita FbWV610

Griboyedov

Wals No.2 in E mineur

Joseph Haydn Klaviersonates Hob XVI: 23, 32, 34, 36, 37 & 44

Komitas Vardapet Ses Danse

Franz Liszt La Campanella Rhapsodie espagnole

Wolfgang Amadeus Mozart Concertos Nos. 21, 23 & 24 Sonates K.280, K.310, K.332, K.457, & K.545 Fantasie K.475

Sergei Prokofiëf

Concerto No.1 Sonates Nos. 3, 7 & 8

Sergei Rachmaninoff Concertos Nos. 2 & 3 Preludes Op.2 No.3, Op.23, Op.32 No.5

Jean-Philippe Rameau

Suite in D de Pièces de clavecin (1724) — in sy repertoire in 2012 Suite in G/g de Pièces de clavecin (1726) — in sy repertoire voor 2012 "Le rappel des oiseaux" & "Tambourin" van Suite in E mineur (1724) "L’indiscrète" van die "Pièces de clavecin"

Maurice Ravel

Gaspard de la nuit Le Tombeau de Couperin Oiseaux tristes (van Miroirs) Prélude Sonatine

Camille Saint-Saëns Concerto No. 2

Arnold Schoenberg Twee Stukke Op.33

Franz Schubert

Allegretto D.915 Hongaarse Melodie D.817 Impromptus D.899 No. 1–4, D.935 No. 1-4 Klavierstücke D.946 No. 1–3 Moment Musicaux D.780 Sonatas D.537, D.664, D.784, D.850, D.894, D.958, D.959 & D.960 Wals in G majeur, D.844 Wanderer Fantasie

Robert Schumann

Karnaval Op.9 Sonate No.1 in F-kruis mineur, Op.11 Sonate No.2 in G mineur, Op.22 Sonate No.3 in F mineur, Op.14 Kreisleriana Op.16 Fantasie Op.17 Arabesque Op.18 Humoresque Op.20 Noveletten Op.21 Nos. 2, 7 & 8 Presto passionato Op.22a 4 Klavierstücke (Scherzo, Gigue, Romance en Fughette) Op.32 Variasies in E-mol op 'n Oorspronklike Tema, WoO 24, "Geister Variasies"

Alexander N. Skriabin

Caresse dansée Op.57 No.2 Désir Op.57 No.1 Énigme Op.52 No.2 Etudes Op.2 No.1, Op.8, Op.42 Nos. 4 & 5 Feuillet d’album Op.45 No.1 Poème fantastique Op.45 No.2 Poèmes Op.32 No.2, Op.69 Nos. 1 & 2 Prelude & Nocturne for Left Hand Op.9 Preludes Op.11 No.4, Op.33 Nos. 1–4, Op.45 No.3, Op.49 No.2 & Op.51 No.2 Sonates Nos. 1, 3, 4, 9 & 10 Vers la flamme Op.72

Carlos Seixas-Sokolof Toccatas in D & C

Igor Strawinski Petrouchka Pjotr Tsjaikofski Concerto No.1

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Russiese komponiste Kategorie:Russiese pianiste Kategorie:Geboortes in 1950 Kategorie:Lewende mense