1. FC Eschborn is 'n sokkerklub uit Eschborn in die deelstaat Hessen in Duitsland.
Die klub is op 10 September 1930 gestig, maar na die Tweede Wêreldoorlog deur die Geallieerdes ontbind. Dit is heropgerig as SG Eschborn. In 1950 het die sokkerafdeling onafhanklik geword van die klub, wat op daardie stadium as Turnverein Eschborn bekend gestaan het. Die onafhanklike sokkerklub het die huidige naam aangeneem.
Die hoogtepunte in die klubgeskiedenis was die twee seisoene wat op die derdevlak Regionalliga deurgebring is, asook die wen van die Hessenpokal wat die klub toegang tot die 1ste ronde van die DFB-Pokal in die 2005/06-seisoen gegee het.
Die klub het tans (2007) ernstige finansiële probleme en die swaard van bankrotskap het die klub reeds gedwing om van sy beste spelers ontslae te raak.
Onlangse ligaposisionering 1997–1998 (VI) Bezirksoberliga 4de 1998–1999 (VI) Bezirksoberliga 3de 1999-2000 (V) Landesliga Hessen-Sentraal 2de 2000-2001 (V) Landesliga Hessen-Sentraal 2de 2001-2002 (IV) Oberliga Hessen 12de 2002-2003 (IV) Oberliga Hessen 1ste 2003-2004 (III) Regionalliga Suid 17de 2004-2005 (IV) Oberliga Hessen 1ste 2005-2006 (III) Regionalliga Suid 18de 2006-2007 (IV) Oberliga Hessen
Eksterne skakels Amptelike klubwerf The Abseits Guide to German Soccer
Oberliga Hessen 2006/07-seisoen1. FC Schwalmstadt – Beiere Alzenau – Eintracht Frankfurt II – FSV Frankfurt – FSV Steinbach – FV Bad Vilbel – KSV Baunatal – 1. FC Eschborn – KSV Klein-Karben – OSC Vellmar – SC Waldgirmes – SC Borussia Fulda – SV Buchonia Flieden – FSV Braunfels – RSV Würges – TSG Wörsdorf – Viktoria Aschaffenburg – SV 1919 Bernbach
Eschborn