Beatrice Straight (2 Augustus 1914 – 7 April 2001) was 'n Amerikaanse teater, televisie en rolprent aktrise. Sy was `n lid van die aangesiene Whitney familie. Sy was `n Tony en Academy Award wenner en `n genomineerde vir die Emmy Award.https://www.nytimes.com/2001/04/11/arts/beatrice-straight-versatile-star-dies-at-86.html

Straight se eerste Broadway vertoning was in die toneelstuk The Possessed (1939). Vir haar rol as Elizabeth Proctor in The Crucible (1953) wen sy die Tony Toekenning vir Beste Aktrise in `n Toneelstuk. Haar ander Broadway rolle sluit in Viola in Twelfth Night (1941), Catherine Sloper in The Heiress (1947) en Lady MacDuff in Macbeth (1948). Vir die satiriese film Network (1976) wen sy die Academy Award vir Beste Ondersteunende Aktrise; met vyf minute en twee sekondes van skermtyd is haar vertoning die kortste ooit om `n Academy Award vir toneelspel te wen. Sy was genomineer vir `n Emmy Toekenning vir die minireeks The Dain Curse (1978). Straight verskyn in The Nun's Story (1959) as Moeder Christophe saam met Audrey Hepburn en as die parasielkundige Dr. Martha Lesh in Poltergeist (1982).

Vroeë lewe Beatrice Whitney Straight is 2 Augustus 1914 in Old Westbury, New York Stad, as die tweede van drie kinders gebore. Haar vader was die beleggingsbankier, diplomaat en weermag offisier Willard Dickerman Straight en haar moeder, Dorothy Payne Whitney, `n lid van die Whitney familie en `n sosiale aktivis. In 1918 sterf haar vader aan griep in Frankryk gedurende die groot griep epidemie terwyl hy sy diensplig met die Verenigde State se weermag gedoen het. In 1925, na Dorothy Payne Whitney hertrou het met die landboukundige Leonard K. Elmhirst, trek Straight en haar gesin na Devon, Engeland. Daar ontvang sy haar opvoeding by Dartington Hall, `n landgoed wat haar moeder en stiefvader omskep het in `n eksperimentele skool en sentrum vir verkennende landbou projekte.https://www.dartington.org/about/our-history/ Daar begin sy in amateur teaterproduksies optree. In die 1930s woon sy die Cornish School in Seattle by; Straight en haar moeder het belangrike weldoeners van die skool geword.Cornish, Nellie C. Miss Aunt Nellie: the Autobiography of Nellie C. Cornish. Seattle, University of Washington Press, 1964: pp 214-17

Loopbaan Straight het na die Verenigde State teruggekeer en haar Broadway debuut in die toneelstuk The Possessed (1939) gemaak. Die meerderheid van haar werk op die verhoog was in die klassieke, insluitende Twelfth Night (1941), Macbeth (1948) en The Crucible (1953).

Straight was `n lid van Actors Studio van die ontstaan van die organisasie, en woon die klas by wat drie maal `n week aangebied word deur stigterslid, Robert Lewis. Haar klasmaats het Marlon Brando, Montgomery Clift, Jerome Robbins, Sidney Lumet en omtrent 20 ander ingesluit.https://books.google.co.za/books?id=EVVX6pynyssC&q=%22Joan+Copeland%22%22Actors+Studio%22&pg=PA183&redir_esc=y

Straight was aktief in die vroeë dae van televisie, en verskyn in reekse soos Armstrong Circle Theatre, Hallmark Hall of Fame, Kraft Television Theatre, Suspense, Studio One, The United States Steel Hour, Playhouse 90 en Alfred Hitchcock Presents, en drama reekse soos Dr. Kildare, Ben Casey, The Defenders, Route 66, Mission: Impossible en St. Elsewhere. Verdere televisie optredes sluit in Hippolyta in die Wonder Woman reeks en Marion Hillyard, die moeder van Stephen Collins in The Promise.

Straight het min in rolprente gewerk, en is wel bekend vir haar rol as die verpletterde vrou wat haar ontrou man William Holden konfronteer in die prent Network (1976). Ten spyte daarvan dat haar karakter net kortliks verksyn op die skerm, ontvang Straight hoë lof vir haar toneelspel en wen die Academy Award vir Beste Ondersteunende Aktrise.https://web.archive.org/web/20170806061831/http://servingcinema.com/2015/11/while-you-were-eating-ho-hos-on-the-couch-matthew-stewart-timed-every-oscar-winning-performance/ Haar ander bekende rolprent verskyning was die rol van Dr. Martha Lesh, die paranormale ondersoeker in die gruwelprent Poltergeist (1982).

Persoonlike lewe Beatrice Straight was tweemaal getroud. Van 1942 tot hul skeiding in 1949 was sy getroud met Louis Dolivet, http://timesmachine.nytimes.com/timesmachine/1942/02/22/85517640.html met wie sy `n seun, Willard Whitney Straight Dolivet, gehad het. In 1952, op die ouderdom van sewe, verdrink haar seun in `n dammetjie op hul plaas in Armonk.https://timesmachine.nytimes.com/timesmachine/1952/09/08/84353749.html?pageNumber=21 Die seun se vader, Louis Dolivet, het in Parys gewoon op daardie stadium, en weens sy beweerde pro-kommunistiese aktiwiteite, was hy `n visa geweier en kon dus nie die begrafnis bywoon nie.

In 1948, tydens die loop van die toneelstuk The Heiress,https://archives.nypl.org/the/22755 `n verwerking van Henry James se Washington Square, ontmoet sy Peter Cookson. Hulle trou in 1949 en het getroud gebly tot Cookson se dood in 1990. Cookson het twee kinders van sy vorige huwelik gehad: Jane Coopland en Peter W. Cookson Jr.

Met Peter Cookson het Straight twee seuns gehad: Gary Cookson en Anthony Cookson.

Straight het na bewering gely aan Alzheimer siekte gedurende haar laaste jare. Op 7 April 2001, sterf sy aan longontsteking in Northridge, Los Angeles. Haar teraardebestelling vind plaas by die William Henry Lee Memorial Cemetery in New Marlborough, Massachusetts.https://www.findagrave.com/memorial/22235/beatrice-straight

Filmografie Rolprente +TitelJaarRolPhone Call from a StrangerClaire Fortness1952PatternsNancy Staples1956The Silken AffairTheora1956The Nun's StoryMoeder Christophe (Sanatorium)1959The Young LoversMev. Burns1964The Garden PartyMev. Sheridan1973NetworkLouise Schumacher1976The PromiseMarion Hillyard1979BloodlineKate Erling1979The FormulaKay Neeley1980Endless LoveRose Axelrod1981PoltergeistDr. Lesh1982Two of a KindRuth1983PowerClaire Hastings1986DeceivedAdrienne se moeder1991

Televisiereekse +TitelJaarRolNotasSomerset Maugham TV Theatre1951Lights Out1951CharlotteLove of Life1951Vinnie PhillipsCosmopolitan Theatre1951MariaHallmark Hall of Fame1952Elizabeth Barrett / Louisa May AlcottTelevisierolprente Love Story en The Magnificent FailureArmstrong Circle Theatre19522 episodesThe Web1952Kraft Theatre1952- 19533 episodesLove Story19542 episodesSuspense1952- 1954Mev. de Spain / Claire TrentInner Sanctum1954LouiseOmnibus1953- 1954Goneril / AntigoneYou Are There1954- 1955Anna Boleyn2 episodesDanger 1955Studio One in Hollywood1951- 1957Kay / Pamela Baxter4 epsiodesThe United States Steel Hour1955- 1958Daisy Jackson / Katherine GrantPlayhouse 901958GraceThe Investigator1958Die WeduweePlay of the Week1959Mlle. de St. EuverteAlfred Hitchcock Presents1959- 1960Ida Blythe / Cynthia Fortnam2 episodesDiagnosis: Unknown1960Rhoda ClarenceDr. Kildare1961Pamela RaineyNaked City1962Ann JohnsThe Doctors and the Nurses1962Ruth MartinThe Eleventh Hour1963Veronica FilmoreBen Casey1963Edith BauerRoute 661961- 1963Elena De Amundo / Moeder Teresa / Kitty Chamberlain3 episodesThe Defenders1965Mev. CampbellMission: Impossible1966Dr. Martha Richards ZubrovnikFelony Squad1967Victoria CahillMatt Lincoln1970Barbara MillerThe Borrowers1973Mev. CrampfurlTelevisierolprentBeacon Hill1975Mev. HackerThe Andros Targets1977Mev. BendersonThe World of Darkness1977Joanna SanfordTelevisierolprentWonder Woman1977HippolytaKiller on Board1977Beatrice RichmondTelevisierolprentThe Dain Curse1978Alice Dain LeggettMinireeksKing's Crossing1982Louisa BeauchampFaerie Tale Theatre1984Koningin Veronica / Vrou in die museumRobert Kennedy and His Times1985Rose KennedyMinireeksChiller1985Marion CreightonTelevisierolprentUnder Siege1986Margaret SloanTelevisierolprentJack and Mike1988Mike se moederSt. Elsewhere1988Marjorie AndrewsRun Til You Fall1988MargaretTelevisierolprentPeople Like Us1990Maisie VerdurinTelevisierolprent

Teaterloopbaan

Broadway +Titelhttps://www.ibdb.com/broadway-cast-staff/beatrice-straight-61293DatumRolNotasThe PossessedOkt. 24, 1939 - Nov. 4, 1939LisaTwelfth NightDes. 2, 1941 - Des. 13, 1941ViolaLand of FameSep. 21, 1943 - Sep. 25, 1943AngelaThe Wanhope BuildingFeb. 9, 1947 - Feb. 16, 1947FelinaThe HeiressSep. 29, 1947 - Sep. 18, 1948Catherine SloperVervang Wendy HillerEastward in EdenNov. 18, 1947 - Nov. 29, 1947Emily DickinsonMacbethMar. 31, 1948 - Apr. 24, 1948Lady MacduffThe InnocentsFeb. 1, 1950 - Jun. 3, 1950Mej. GiddensThe Grand TourDes. 10, 1951 - Des. 15, 1951Nell ValentineThe CrucibleJan. 22, 1953 - Jul. 11, 1953Elizabeth Proctor1953 Tony Toekenning vir Beste Aktrise in `n ToneelstukEverything in the GardenNov. 29, 1967 - Feb. 10, 1968Mev. Toothe

Buite Broadway +Titelhttp://www.iobdb.com/CreditableEntity/16155DatumRolTeaterSing Me No Lullaby1954Christine CollingerPhoenix TheatreThe River Line1957Marie ChassaigneCarnegie Hall PlayhousePhedre1966PhedreGreenwich Mews TheatreGhosts1973Mev. Helene AlvingRoundabout Stage IIAll My Sons1974Kate KellerRoundabout Stage IHamlet1979GertrudeCircle Theatre

Verwysings

Eksterne skakels

Beatrice Straight in die Internet Broadway Database

Kategorie:Geboortes in 1914 Kategorie:Sterftes in 2001 Kategorie:Amerikaanse aktrises van die 20ste eeu