Sylvia Sidney (8 Augustus 1910 – 1 Julie 1999) was 'n Amerikaanse aktrise. Sy is bekend vir haar rolle in die rolprente Blood on the Sun (1945),Summer Wishes, Winter Dreams (1973), Beetlejuice (1988) en Mars Attacks! (1996).
Sidney is gebore as Sophia Kosow in Die Bronx, New York, VSA. Haar vader, Victor Kosow, 'n Joodse immigrant uit Rusland, was 'n klerehandelaar. Haar ma Rebecca, née Saperstein, was van Roemeens-Joodse afkoms. Haar ouers is in 1915 geskei toe sy vyf jaar oud was, en sy is deur haar stiefpa, Sigmund Sidney, 'n tandarts, aangeneem. Haar ma het 'n kleremaker geword en haar naam na Beatrice Sidney verander. Sylvia ( nou onder die van Sidney) het op 15-jarige ouderdom 'n aktrise geword.
Loopbaan links|175px|duimnael| The Wagons Roll at Night (1941) In 1921 het sy aan die Theatre Guild School of Acting, Manhattan begin studeer. Gedurende hierdie tydperk verskyn sy in verskeie skoolproduksies. Nadat sy aan die Theatre Guild School of Acting gegradueer het, het sy op 16-jarige ouderdom haar professionele verhoogdebuut gemaak. Sy is spoedig deur van die bekendste kritici opgemerk.
Sidney het in die 1930's in 'n aantal rolprente verskyn. Sy het haar loopbaan as verhoogkunstenaar op 16-jarige ouderdom begin en in 'n jaar later in die rolprentteater gedebuteer. Sy het egter haar eerste hoofrol in 'n rolprent eers op 31-jarige ouderdom gespeel. Daarna het sy in 'n aantal Paramount-films as die leidende aktrise gespeel. Tydens haar vroeë rolprentloopbaan het sy dikwels die rol van bedroefde en huilerige slagoffer gespeel.
Teen die ouderdom van 36 jaar het sy een van die hoogsbetaalde rolprentsterre geword en $80,000 ontvang vir Alfred Hitchcock se rolprent 'Sabotage'. Kort daarna het haar loopbaan egter begin kwyn en het sy het minder aanbiedings ontvang. Sy het egter nie opgegee nie, en haar televisiebuiging op 42-jarige ouderdom gemaak. Sy het haarself met verloop van tyd as 'n karakterkunstenaar gevestig en tot op haar laaste dae gewerk.
Persoonlike lewe Sylvia Sydney is op 1 Oktober 1935 met haar eerste man, Bennett Cerf ('n uitgewer) getroud. Die egpaar is egter ongeveer 'n jaar later op 9 April 1936 geskei. Op 3 Augustus 1938 het sy met die akteur en onderwyser Luther Adler in die huwelik getree en 'n seun genaamd Jacob, by hom gehad. Sy is op 27 Februarie 1946 van Adler geskei. Jacob was haar enigste kind. Hy is in 1987 aan Lou Gehrig se siekte oorlede. Sy het op 5 Maart 1947 met haar derde man, die radioprodusent en omroeper Carlton Alsop getrou. Hulle het op 22 Maart 1951 geskei.
Sy het op 1 Julie 1999, 'n maand voor haar 89ste verjaardag, aan kanker van die slukderm in New York Stad beswyk. Haar oorskot is veras voordat dit aan haar familie oorhandig is.
Filmografie Rolle 1931: An American Tragedy 1931: City Streets 1931: Confessions of a Co-Ed 1931: Ladies of the Big House 1931: Street Scene 1932: Madame Butterfly 1932: Merrily We Go to Hell 1932: The Miracle Man 1933: Jennie Gerhardt 1933: Pick-up 1934: Good Dame 1934: Thirty Day Princess 1934: Behold My Wife! 1935: Accent on Youth 1935: Mary Burns, Fugitive 1936: Fury 1936: Sabotage 1936: The Trail of the Lonesome Pine 1937: Dead End 1937: You Only Live Once 1938: You and Me 1939: ...One Third of a Nation... 1941: The Wagons Roll at Night 1945: Blood on the Sun 1946: Mr. Ace 1946: The Searching Wind 1947: Love from a Stranger 1956: Behind the High Wall 1973: Summer Wishes, Winter Dreams 1976: God Told Me To 1988: Beetlejuice 1996: Mars Attacks!
Televisiereekse 1952: Broadway Television Theatre 1955: Celebrity Playhouse 1986: Morningstar/Eveningstar 1998: Fantasy Island
Televisierolprente 1976: Death at Love House 1978: Siege 1983: The Brass Ring 1985: An Early Frost 1985: Finnegan Begin Again 1987: Pals
Eksterne skakels
Kategorie:Geboortes in 1910 Kategorie:Sterftes in 1999 Kategorie:Amerikaanse aktrises van die 20ste eeu