Hammer SpVg is 'n Duitse sportklub in Hamm in die deelstaat Noord-Rynland-Wesfale, veral bekend vir sy sokkerafdeling. Behalwe sokker, het die klub ook afdelings vir aikido, judo, handbal, vlugbal, rolhokkie, gimnastiek en trompoppies.
Die klub het op 11 April 1903 ontstaan as Hammer FC. In 1912 het die lede van Gymnasialer FC Hamm (gestig op 25 Februarie 1903) by die klub aangesluit. In 1919, na die Eerste Wêreldoorlog, het die klub met Hammer Turnverein 1859 saamgesmelt om TuS 1859/1903 Hamm te vorm. Teen 1922 het die twee klubs egter weer uitmekaargespat, maar Hammer Sportverein 1904 het by die klub aangesluit om Hammer SpVgg 03/04 te vorm.
Die hoogtepunt in die klubgeskiedenis was toe die Regionalliga in 1966 gehaal is, destyds die op die tweede vlak van die Duitse sokkerstruktuur. Verder is die tweede rondte van die DFB-Pokal in die 1980/81- en die 1982/83-seisoene gehaal.
Onlangse ligaposisionering 1963-64 (III) Verbandsliga Wesfale 9de 1964-65 (III) Verbandsliga Wesfale 6de 1965-66 (III) Verbandsliga Wesfale 1ste 1966-67 (II) Regionalliga Wes 16de 1967-68 (III) Verbandsliga Wesfale 2de 1968-69 (III) Verbandsliga Wesfale 3de 1969-70 (III) Verbandsliga Wesfale 3de 1970-71 (III) Verbandsliga Wesfale 2de 1971-72 (III) Verbandsliga Wesfale 7de 1972-73 (III) Verbandsliga Wesfale 11de 1973-74 (IV) Verbandsliga Wesfale 13de 1974-75 (IV) Verbandsliga Wesfale 5de 1975-76 (IV) Verbandsliga Wesfale 4de 1976-77 (IV) Verbandsliga Wesfale 16de 1977-78 (IV) Verbandsliga Wesfale 18de 1978-79 (V) Landesliga 1ste 1979-80 (IV) Verbandsliga Wesfale 1ste 1980-81 (III) Oberliga Wesfale 8ste 1981-82 (III) Oberliga Wesfale 10de 1982-83 (III) Oberliga Wesfale 14de 1983-84 (III) Oberliga Wesfale 14de 1984-85 (III) Oberliga Wesfale 6de 1985-86 (III) Oberliga Wesfale 13de 1986-87 (III) Oberliga Wesfale 12de1987-88 (III) Oberliga Wesfale 9de 1988-89 (III) Oberliga Wesfale 13de 1989-90 (III) Oberliga Wesfale 14de 1990-91 (IV) Verbandsliga Wesfale 3de 1991-92 (IV) Verbandsliga Wesfale 9de 1992-93 (IV) Verbandsliga Wesfale 1ste 1993-94 (V) Verbandsliga Wesfale 2de 1994-95 (IV) Oberliga Wesfale 11de 1995-96 (IV) Oberliga Wesfale 6de 1996-97 (IV) Oberliga Wesfale 9de 1997-98 (IV) Oberliga Wesfale 10de 1998-99 (IV) Oberliga Wesfale 16de 1999-00 (V) Verbandsliga Wesfale 12de 2000-01 (V) Verbandsliga Wesfale 5de 2001-02 (V) Verbandsliga Wesfale 8ste 2002-03 (V) Verbandsliga Wesfale 8ste 2003-04 (V) (V) Verbandsliga Wesfale 8ste 2004-05 (V) Verbandsliga Wesfale 8ste 2005-06 (V) Verbandsliga Wesfale 1ste 2006-07 (IV) Oberliga Wesfale 14de 2007-08 (IV) Oberliga Wesfale 8ste 2008-09 (V) Oberliga Wesfale 16de 2009-10 (V) Oberliga Wesfale 17de 2010-11 (VI) Westfalenliga 6de
Literatuur Dietrich Schulze-Marmeling:Für Fussball hättest Du mich nachts wecken können - Zur Geschichte von Sport und Arbeit in der Region Hamm. Göttingen 1992 (Die Werkstatt)
Eksterne skakels Amptelike klubwerf
Oberliga Wesfale 2007/08-seisoen Rooiwit Ahlen II | DSC Arminia Bielefeld II | VfL Bochum II | SC Delbrück | SpVgg Erkenschwick DJK Germania Gladbeck | FC Gütersloh 2000 | Hammer SpVg | SC 04 Westfalia Herne | SV Lippstadt 08 | Sportvriende Lotte | SC Preußen Münster | SF Oestrich Iserlohn | FC Eintracht Rheine | FC Schalke 04 II SV Schermbeck | TSG Sprockhövel | SC Wiedenbrück 2000
Hamm Kategorie:Hamm