duimnael|regs|300px|Dié berig oor die Akademie se stigting het in die koerant Het Westen verskyn

Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns is 'n multidissiplinêre organisasie wat hom beywer vir die bevordering van wetenskap, tegnologie, letterkunde en kunste in Afrikaans, asook die beskerming en bevordering van alle variëteite van Afrikaans. Die Hertzogprys word jaarliks vir 'n hoogstaande letterkundige werk toegeken.

Ontstaan Die inisiatief vir die stigting van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns het gekom van genl. J.B.M. Hertzog. Hertzog was 'n besonder groot kampvegter vir die Nederlands-Afrikaanse taal. Hy het voorgestel "dat een lichaam in 't leven worde geroepen ter bevordering van de Hollandse taal en letteren in Zuid-Afrika". Op 2 Julie 1909, terwyl die Nasionale Konvensie in Bloemfontein onderweg was, kom die eerste 30 lede van die liggaam byeen om die Zuid-Afrikaanse Akademie voor Taal, Letteren en Kunst te stig. Die doel van die akademie was: "De handhaving en bevordering van de Hollandse Taal en Letteren, en van de Zuid-Afrikaanse Geschiedenis, Oudheidkunde en Kunst", met 'n byvoeging: "Onder 't Hollands wordt verstaan: beide taalvormen gebruiklijk in Zuid-Afrika". Die primêre doel van die Akademie was aanvanklik om Nederlands, maar ook Afrikaans te bevorder. Die naam van die Akademie is in 1942 gewysig na die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns toe 'n nuwe fakulteit 'natuurwetenskap en tegniek' geskep is.

Werksaamhede links|duimnael|Tuiste van die Afrikaanse Wikipedia Sedertdien was dit verantwoordelik vir die totstandkoming van onder meer die Stigting Simon van der Stel en die Afrika-instituut. Voorts beywer die Akademie hom daarvoor om belangstelling in die Suid-Afrikaanse geskiedenis, oudhede, kuns en Afrikaanse taal en letterkunde te bevorder. Die Akademie het deur die jare bekend geword weens die gereelde toekenning van literêre pryse (waarvan die Hertzogprys die bekendste is), en ander prestigepryse soos die N.P. van Wyk Louw-medalje.

Die Taalkommissie van die S.A. Akademie is belas met die taak om gesaghebbende uitsprake oor Afrikaans te lewer. In die begin het die vaslegging van 'n uniforme spelling vir Afrikaans byna al die kommissie se tyd in beslag geneem, maar mettertyd het hy al hoe meer terreine van die taalgebruik betree. Die kommissie se werkswyse deur die jare het daartoe aanleiding gegee dat sy spelreëls allerweë as gesaghebbend aanvaar word. Sy besluite word van tyd tot tyd in die Afrikaanse woordelys en spelreëls gepubliseer. Die agtste uitgawe was in 1991, die negende in 2002 en die tiende in 2009.

Van 2019 tot 2024 was Prof. Anne-Marie Beukes die Hoof- uitvoerende beampte. Op 16 November 2022 is ‘n Funksie om die Afrikaanse Wikipedia se 21ste verjaarsdag te vier aangebied by die kantore van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns in Pretoria. Die Akademie het ook tydens die funksie amptelik die fisiese tuiste van die Afrikaanse Wikipedia geword toe Prof Anne-Marie Beukes, uitvoerende hoof van die Akademie en Deon Steyn, direkteur van die Afrikaanse Wikipedia ‘n naambord onthul het wat lees ‘’Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns is die trotse tuiste van die Afrikaanse Wikipedia’’.

Dr. Annelise de Vries is in 2024 as nuwe HUB aangestel.https://www.akademie.co.za/blog/nuwe-hoof--uitvoerende-beampte-vir-die-suid-afrikaanse-akademie-vir-wetenskap-en-kuns

Voorsitters duimnael|regs|200px|Ds. Adriaan Moorrees, tweede voorsitter. duimnael|regs|200px|Mabel Jansen (gebore Pellissier), die Akademie se eerste vroulike lid.

Pres. M.T. Steyn (1909-1916) Prof. Adriaan Moorrees (1917-1922) Dr. F.V. Engelenburg (1923-1925) Prof. D.F. Malherbe (1925-1927) Sen. F.S. Malan (1927-1930) Dr. F.V. Engelenburg (1930-1932) Prof. D.F. Malherbe (1932-1934) Sen. F.S. Malan (1936-1936) Dr. E.G. Jansen (1937-1938) Dr. S.H. Pellissier (1939-1946) Dr. J.K. Marais (1946-1949) Prof. S.P.E. Boshoff (1949-1950) Prof. T.H. le Roux (1950-1952) Dr. T.E.W. Schumann (1952-1955) Prof. F.E.J. Malherbe (1955-1958) Dr. F.J. de Villiers (1958-1961) Prof. P.F.D. Weiss (1961-1963) Dr. A.J.A. Roux (1963-1965) Prof. P.J. Nienaber (1965-1967) Dr. S. Meiring Naudé (1967-1969) Prof. G. Cronjé (1969-1971) Prof. H.L. de Waal (1971-1973) Prof. Gerhard J. Beukes (1973-1975) Dr. C van der Merwe Brink (1975-1977) Prof. A.P. Grové (1977-1979) Prof. H.W. Snyman (1979-1981) Prof. F.C. Fensham (1981-1983) Dr. C.F. Garbers (1983-1985) Prof. J.A. Heyns (1985-1987) Dr. R.R. Arndt (1987-1989) Prof. Elize Botha (1989-1991) (Eerste vroulike voorsitter) Dr. L. Alberts (1991-1993) Prof. W.T. Claassen (1993-1995) Prof. F.P. Retief (1995-1997) Prof. L.M. Brümmer (1997-1999) Prof. P.H. Kapp (1999-2001) Prof. T. Erasmus (2001-2005) Prof. H.P. van Coller (2005-2009) Dr. W. van Zyl de Villiers (2009-2011) Prof. W.A.M. Carstens (2011-2014) Prof. W.J. Pienaar (2014-2017) Prof. Irma Eloff (2017-2020) Prof. Oppel Greeff (2020-2023) Prof. Ilse Feinauer (2023-)

Hoof- uitvoerende beamptes (HUB) Die HUB is aanvanklik eers Sekretaris en later Hoofsekretaris genoem en staan tans bekend as hoof- uitvoerende beampte. Prof. G. Knothe (1910-1916) Dr. W.M.R. Malherbe (1916-1922) Dr. G.S. Preller (1923-1927) Dr. D.B. Bosman (1927-1929) Prof. S.P. Engelbrecht (1930-1932) Mnr. J.S.M. Rabie (1932-1934) Mnr. I.M. Lombard (1934-1947) Dr. F.C.L. Bosman (1948-1958) Dr. M.S. du Buisson (1958-1962) Mnr. D.P. Goosen (1962-1967) Mnr. D.J. van Niekerk (1968-1974) Dr. D.J.C. Geldenhuys (1975-1997) Dr. J.B.Z. Louw (1997-2000) Prof. Lawrey McFarlane (2001-2005) Prof. Jacques van der Elst (2005-2012) Dr. Dioné Prinsloo (2012-2019) Prof. Anne-Marie Beukes (2019-2024) Dr. Annelise de Vries (2024-)

Hoof- operasionele beamptes (HOB) Die pos van hoof- operasionele beampte is vir die eerste keer in 2025 geskep, en die eerste posbekleër is dr. Stefan van Zyl (* 1987-).https://www.netwerk24.com/netwerk24/nuus/mense/kuruman-kind-kry-toppos-by-sa-akademie-vir-wetenskap-en-kuns-20250603 Erelede duimnael|regs|180px|Prof. T.J. Haarhoff is in 1969 as erelid van die Akademie benoem.

Erelidmaatskap van die Akademie word as ’n besonder hoë eer beskou, alhoewel dit met geen prys of penning gepaardgaan nie. ’n Persoon word tot erelid van die Akademie benoem ter erkenning van buitengewone dienste aan Suid-Afrika, aan die Afrikaanse taal, of aan die Akademie in die besonder.

1909 – Pres. F.W. Reitz 1912 – Prof. J.I. Marais 1917 – Prof. P.J.G. de Vos; C.P. Hoogenhout 1918 – D.F. du Toit 1919 – J.E.A. Volschenk 1921 – G.J. Malherbe 1922 – M.J. Stucki; G.R. von Wielligh 1927 – Dr. J.D. Kestell; prof. Adriaan Moorrees 1930 – Jan F.E. Celliers 1931 – Dr. W.J. Leyds 1935 – Prof. D.C. Hesseling; J.S.M. Rabie 1938 – Prof. J.W. Pont 1941 – Prof. J.D. du Toit; prof. A. Francken; genl. J.B.M. Hertzog; sen. F.S. Malan; Anton van Wouw 1942 – G.S. Preller 1947 – Prof. G. Besselaar; mnr. N.C. Havenga; dr. F.E.T. Krause 1951 – Jochem van Bruggen 1953 – Dr. E.G. Jansen; dr. D.F. Malan; dr. M.E. Rothmann 1955 – Adv. J.G. Strijdom 1956 – Dr. Hans Vedder 1957 – Gerard Moerdyk, J.H. Pierneef 1959 – J.G.H. Bosman; prof. B.B. Keet; Maggie Laubser; dr. H.F. Verwoerd 1960 – Staatspres. C.R. Swart 1961 – Prof. T.H. le Roux; sen. C.A. van Niekerk 1962 – Prof. M.R. Breyne; sen. Jan de Klerk; dr. T.E. Dönges 1963 – Prof. S.P.E. Boshoff; mnr. I.M. Lombard; N.P. van Wyk Louw; prof. D.F. Malherbe; prof. D.F. du T. Malherbe; dr. T.E.W. Schumann 1965 – Dr. F.J. de Villiers; F.H. Odendaal; dr. S. Henri Pellissier 1966 – Dr. F.C.L. Bosman; adv. B.J. Vorster 1968 – Staatspres. J.J. Fouché; dr. Jan van den Berg 1969 – Prof. G. Dekker; prof. C.G.S. de Villiers; dr. A.L. Geyser; prof. T.J. Haarhoff; dr. L.W. Hiemstra; dr. J.E. Holloway; mev. M.M. Jansen; dr. A.D. Keet; prof. F.E.J. Malherbe; dr. H.O. Mönnig; dr. H.J. van Eck 1970 – Dr. S.J. du Toit 1971 – Prof. G.S. Nienaber; prof. H.G. Stoker 1972 – Prof. J. du P. Scholtz 1973 – Prof. M.S.B. Kritzinger; dr. Theo Wassenaar 1974 – Dr. C.F. Krige 1975 – Dr. N. Diederichs 1977 – Dr. S. Meiring Naudé 1978 – Dr. A.J.A. Roux; dr. R.L. Straszacker 1980 – Dr. P.J. Meyer 1981 – Prof. G. Cronjé; prof. C.H. Rautenbach; prof. H.B. Thom 1983 – Prof. W. Kempen; prof. D.J. Opperman; prof. M. Versfeld 1984 – Prof. Gerhard J. Beukes; prof. P.J. Nienaber; staatspres. Marais Viljoen 1987 – Staatspres. P.W. Botha; regter V.G. Hiemstra; prof. H.W. Snyman 1988 – Dr. W.L. Grant 1989 – Hoofregter P.J. Rabie 1991 – Prof. P.J. Cillié; Elisabeth Eybers; prof. Ernst van Heerden 1993 – Prof. H.P. van der Schijff 1994 – Mev. Audrey (Blignault) de Villiers 1995 – Prof. P.W. Hoek; mev. A.M. Hofmeyr 1996 – Prof. E.P. Groenewald; prof. A.P. Grové; dr. D.G. Roos 2001 – Dr. Louw Alberts; dr. A.E. Rupert 2002 – Mev. Mimi Coertse 2003 – Dr. C.F. Garbers; prof. Réna Pretorius 2004 – Prof. Elize Botha 2006 – Prof. A.J. Brink; prof. A.H. van Wyk 2007 – Dr. Bettie Cilliers-Barnard; prof. G.J. Gerwel; prof. P.H. Kapp; dr. Franklin Sonn 2008 – Dr. R.R. Arndt; prof. T.T. Cloete; prof. S. Grové; prof. P. Smit 2009 – Oudpres. F.W. de Klerk; oudpres. N.R. Mandela; hoogeerwaarde Desmond Tutu 2014 – Prof. Theuns Erasmus 2015 – Prof. J.C. Steyn 2016 – Prof. Adam Small 2020 – Prof. Jacques van der Elst 2023 – Prof. Oppel Greeff

Toekennings Pryse, erepennings, medaljes en beurse wat deur die Akademie toegeken word/is word hier onder genoem.

Pryse Hertzogprys Eugène Maraisprys Scheepersprys vir Jeugliteratuur SA Akademieprys vir Vertaalde Werk Alba Bouwerprys vir Kinderliteratuur Elsabe Steenbergprys vir Vertaalde Kinder- en Jeugliteratuur in Afrikaans C.J. Langenhovenprys vir Taalwetenskap Gustav Prellerprys vir Literatuurwetenskap en Letterkundige Kritiek Toon van den Heeverprys vir Regswetenskap D.F. du Toit-Malherbeprys vir Genealogiese Navorsing Stalspryse Totiusprys vir Teologie en die studie van die grondtale van die Bybel Jacques van der Elstprys vir beste artikel in die Tydskrif vir Geesteswetenskappe Deleen Bekkerprys vir die beste rolprentdraaiboek in Afrikaans Samuel Edward Mqhayiprys Olive Schreinerprys vir Engelse Letterkunde Poortkompetisie (PUK-Kanselierstrustprys) Havengapryse Albert Stratingprys vir Voorkomende Geneeskunde FARMOVS-prys vir Farmakologie en Geneesmiddelontwikkeling Douw Greeffprys Louis Hiemstraprys vir Niefiksie Huberte Rupertprys vir Klassieke Musiek C.L. Engelbrechtprys Protea Boekhuisprys Poortprys

Medaljes Tienie Hollowaymedalje vir Kleuterliteratuur Markus Viljoenmedalje vir Joernalistieke Prestasie D.F. Malanmedalje Ds. Pieter van Drimmelenmedalje N.P. van Wyk Louw-medalje Elizabeth C. Steijnmedalje Frans du Toitmedalje vir Bedryfsleiding Transnetmedalje Goue Akademiemedalje vir Natuurwetenskaplike en Tegniese Prestasie M.T. Steynmedalje vir Natuurwetenskaplike en Tegniese Prestasie Senior Kaptein Scottmedalje Junior Kaptein Scottmedalje Christo Wiese-medalje vir Bedryfsleiding

Erepennings Erepenning vir Afrikaanse Radiohoorspele en Erepenning vir Afrikaanse Radiohoorbeelde Erepenning vir Afrikaanse Televisiedramas en Erepenning vir Afrikaanse Dokumentêre Televisieprogramme Erepenning van die Akademie Erepenning vir Wetenskaplike Vakbevordering Erepenning van die Fakulteit Natuurwetenskap en Tegnologie

Ander Elisabeth Eybersbeurs Spesiale Oorkondes

Bronne Combrink, Johan en Spies, Johan. Sakboek van regte Afrikaans, Tafelberg, Kaapstad, 1994 Schirmer, Peter. Die beknopte geïllustreerde ensiklopedie van Suid-Afrika, Sentrale Nuusagentskap (Edms.) Bpk., Johannesburg, 1981 Kapp, Pieter (P.H.). Draer van 'n droom: Die geskiedenis van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 1909–2009, Hemel & See Boeke, Hermanus, 2009

Verwysings

Eksterne skakels Die Akademie se webwerf Akademie skrik nie meer vir storms, Rapport, 25 November 2001

Kategorie:Akademie Kategorie:Afrikaans