FC 08 Villingen is 'n Duitse sokkerklub uit Villingen-Schwenningen in die deelstaat Baden-Württemberg.

Geskiedenis Die klub is op 1 Oktober 1908 gestig as FC Villingen 08. Die klub het in 1920 met Athleten-Club Germania Villingen saamgesmelt, maar die twee klubs het later weer uitmekaar gegaan.

Die span het tussen 1927 en 1931 in die Bezirksklasse Oberbaden gespeel, destyds die hoogste klas. Die klub het in die 1930’s 'n speler vir die nasionale span opgelewer (die enigste tot dusver), Hermann Gramlich. Gramlich is egter in 1942 in Rusland oorlede tydens die Duitse inval gedurende die Tweede Wêreldoorlog. In 1939 het die span weer op die hoogste vlak in die Gauliga meegeding.

Die klub is na die Tweede Wêreldoorlog herstig as ASV Villingen en het direk na die oorlog in die Oberliga meegeding, op daardie stadium die hoogste vlak.

Stadion Die klub se tuisveld was tussen 1920 en 1960 die Stadion Waldstraße. Op 15 Oktober 1960 is die nuwe tuisveld, die Friedengrundstadion, ingewy met plek vir 16 000 toeskouers, insluitend 800 sitplekke en 2 500 onderdak staanplekke.

Onlangse ligaposisionering 1963-64 (III) Amateurliga Schwarzwald-Bodensee 7de 1964-65 (III) Amateurliga Schwarzwald-Bodensee 3de 1965-66 (III) Amateurliga Schwarzwald-Bodensee 1ste 1966-67 (II) Regionalliga Suid 15de 1967-68 (II) Regionalliga Suid 10de 1968-69 (II) Regionalliga Suid 13de 1969-70 (II) Regionalliga Suid 9de 1970-71 (II) Regionalliga Suid 12de 1971-72 (II) Regionalliga Suid 18de 1972-73 (III) Amateurliga Schwarzwald-Bodensee 1ste 1973-74 (III) Amateurliga Schwarzwald-Bodensee 1ste 1974-75 (IV) Amateurliga Suid-Baden 4de 1975-76 (IV) Amateurliga Suid-Baden 1ste 1976-77 (IV) Amateurliga Suid-Baden 3de 1977-78 (IV) Amateurliga Suid-Baden 3de 1978-79 (III) Am.Oberliga Baden-Wurttemberg 9de 1979-80 (III) Am.Oberliga Baden-Wurttemberg 17de 1980-81 (IV) Verbandsliga Suid-Baden 2de 1981-82 (IV) Verbandsliga Suid-Baden 3de 1982-83 (IV) Verbandsliga Suid-Baden 1ste 1983-84 (III) Am.Oberliga Baden-Wurttemberg 17de 1984-85 (IV) Verbandsliga Wurttemberg 1ste 1985-86 (III) Am.Oberliga Baden-Wurttemberg 18de1986-87 (IV) Verbandsliga Suid-Baden 9de 1987-88 (IV) Verbandsliga Suid-Baden 7de 1988-89 (IV) Verbandsliga Suid-Baden 6de 1989-90 (IV) Verbandsliga Suid-Baden 6de 1990-91 (IV) Verbandsliga Suid-Baden 6de 1991-92 (IV) Verbandsliga Suid-Baden 5de 1992-93 (IV) Verbandsliga Suid-Baden 10de 1993-94 (IV) Verbandsliga Suid-Baden 2de 1994-95 (IV) Oberliga Baden-Wurttemberg 16de 1995-96 (V) Verbandsliga Suid-Baden 6de 1996-97 (V) Verbandsliga Suid-Baden 5de 1997-98 (V) Verbandsliga Suid-Baden 5de 1998-99 (V) Verbandsliga Suid-Baden 7de 1999-00 (V) Verbandsliga Suid-Baden 7de 2000-01 (V) Verbandsliga Suid-Baden 1ste 2001-02 (IV) Oberliga Baden-Wurttemberg 14de 2002-03 (IV) Oberliga Baden-Wurttemberg 17de 2003-04 (V) Verbandsliga Suid-Baden 1ste 2004-05 (IV) Oberliga Baden-Wurttemberg 16de 2005-06 (V) Verbandsliga Suid-Baden 1ste 2006-07 (IV) Oberliga Baden-Wurttemberg 4de 2007-08 (IV) Oberliga Baden-Wurttemberg

Literatuur FC Villingen 08, in: Hardy Grüne (2001): Vereinslexikon. Enzyklopädie des deutschen Ligafußballs. Band 7. Kassel: AGON Sportverlag, S. 456.

Eksterne skakels Amptelike klubblad Abseits Guide to German Soccer

Oberliga Baden-Württemberg 2007/08-seisoen 1. FC Normannia Schwäbisch Gmünd| TSV Schwieberdingen| Bahlinger SC| FC 08 Villingen| FC Astoria Walldorf| FC Nöttingen| Heidenheimer SB| SC Freiburg II| SG Sonnenhof Großaspach| SGV Freiberg| SSV Ulm 1846| Stuttgarter Kickers II| SV Linx| VfL Kirchheim/Teck| TSG Hoffenheim II| TSV Crailsheim| VfR Mannheim| SV Waldhof Mannheim

Villingen