John Simmons Barth (/bɑːrθ/;"Barth". Random House Webster's Unabridged Dictionary. gebore 27 Mei 1930) is 'n Amerikaanse skrywer wat die beste bekend is om sy postmodernistiese en metafiksionele werke.

Literêre Werk

Barth het sy loopbaan begin met "The Floating Opera and The End of the Road",John Barth (1987) Foreword to Doubleday Anchor Edition of The Sot-Weed Factor twee kort realistiese romans wat op geestige wyse handel oor kontroversiële onderwerpe; onderskeidelik selfmoord en aborsie. Die kort romans is simplistiese en realistiese verhale.

Die "The Sot-Weed Factor" (1960) was aanvanklik bedoel as die laaste roman van 'n trilogie wat sy eerste twee "realistiese" romans sou uitmaak, maar as gevolg van Barth se rypwording as 'n skrywer het dit ontaard in 'n ander projek. Die roman is tekenend, want dit het Barth se ontdekking van die postmodernisme ingelui.Clavier, Berndt (2007) John Barth and Postmodernism: Spatiality, Travel, Montage bl. 165–167

Barth se volgende roman, "Giles Goat-Boy" (omtrent 800 bladsye), is 'n spekulatiewe fiksionele verhaal gebaseer op die verbeelding van die universiteit as die heelal. Giles, 'n seuntjie wat grootgemaak word as 'n bok, ontdek sy menslikheid en word dienooreenkomstig 'n held in 'n verhaal wat voorgestel word as rekenaarband wat geboorte gee aan Barth. Barth het ontken dat dit sy werk was. In die bestek van die roman voer Giles al die take uit soos voorgeskryf deur Joseph Campbell in "The Hero with a Thousand Faces".

Die kortverhaal versameling "Lost in the Funhouse" (1968) en die novelle versameling "Chimera" (1972) is selfs meer metafiksioneel as hul voorgangers, en stel prestasies daar soos 'n "seven-deep nested quotation". "Chimera" het die Amerikaanse "National Book Award for Fiction" gedeel."National Book Awards – 1973". National Book Foundation. Opgesppor 2012-03-30.

In die roman "LETTERS" (1979), het Barth interaksie met die karakters van sy eerste ses boeke. Sy 1994 boek, "Once Upon a Time: A Floating Opera", maak gebruik van reeds gebruikte, geykte karakters, en geykte situasies en formules.

Bibliografie 1956: The Floating Opera 1958: The End of the Road 1960: The Sot-Weed Factor 1966: Giles Goat-Boy, or, The Revised New Syllabus 1968: Lost in the Funhouse 1972: Chimera 1979: LETTERS 1982: Sabbatical: A Romance 1987: The Tidewater Tales 1991: The Last Voyage of Somebody the Sailor 1994: Once Upon a Time: A Floating Opera 1996: On with the Story 2001: Coming Soon!!! 2004: The Book of Ten Nights and a Night: Eleven Stories 2005: Where Three Roads Meet 2008: The Development 2011: Every Third Thought 2015: Collected Stories

Verwysings

Kategorie:Amerikaanse skrywers Kategorie:Geboortes in 1930 Kategorie:Lewende mense