Thomas Ruggles Pynchon jr. (/ˈpɪntʃɒn/,Uit 'n 8/25/2013-profiel in die New York Magazine geskoei op onderhoude met veriende en familielede. Besoek op 17 September 2013 gewoonlik /-tʃən/;"Pynchon". Random House Webster's Unabridged Dictionary gebore op 8 Mei 1937) is 'n Amerikaanse romanskrywer. Hy is 'n MacArthur Fellow en bekend vir sy kompakte, ingewikkelde romans. Sy fiksie- en niefiksieskrywes omvat 'n groot aantal onderwerpe, genres en temas; insluitende geskiedenis, musiek, wetenskap en wiskunde. Pynchon het in 1973 die U.S. National Book Award vir Gravity's Rainbow gewen."National Book Awards – 1974". National Book Foundation. Besoek op 2012-03-29.

Pynchon is van Long Island afkomstig en het twee jaar in die Amerikaanse vloot gedien. Hy beskik oor 'n graad in Engels van Cornell-universiteit. Nadat hy verskeie kortverhale in die laat 1950's en vroeë 1960's geskryf het, het hy begin om die romans te skryf waarvoor hy die beste bekend is, naamlik V. (1963), The Crying of Lot 49 (1966) en Gravity's Rainbow (1973). Pynchon is bekend daarvoor dat hy 'n kluisenaarsbestaan voer en baie min foto's van hom is al gepubliseer. Daar word al sedert die 1960's oor identiteit en presiese ligging gegis.

Pynchon se mees onlangse roman, Bleeding Edge, is op 17 September 2013 gepubliseer.

Romans (1963) V. (1966) The Crying of Lot 49 (1973) Gravity's Rainbow (1990) Vineland (1997) Mason & Dixon (2006) Against the Day (2009) Inherent Vice (2013) Bleeding Edge

Kortverhale (1984) Slow Learner

Verwysings

Kategorie:Geboortes in 1937 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Amerikaanse skrywers