duimnael|270px|regs|Lede van die Black Sash aan die betoog teen die aanvaarding van die Senaatwet in 1955.
Die Black Sash (in Afrikaans soms genoem die Swart Serp) is 'n organisasie van Suid-Afrikaanse vroue wat in 1955 gestig is om teen apartheid te betoog. Dit is deur blanke vroue begin wat swart bande gedra het. Tans tree die organisasie op as 'n waghond oor menseregte en is lidmaatskap natuurlik oopgestel aan alle rasse.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013,
Die organisasie het begin as die Women's Defence of the Constitution League, wat saam met onder meer die Verenigde Party en Torch Commando die regerende Nasionale Party se pogings om die Kleurlingkiesers van die algemene kieserslys te verwyder, teengestaan het. Toe die wetgewing wel deur die Parlement aanvaar is in 1956, het die Black Sash sy aandag op ander onregverdige apartheidswette gerig.
Lede het landswye protesaksies en optogte van stapel laat loop waartydens wit vroue swart lyfbande gedra het as 'n teken van roubeklaag oor die verlies van menseregte. Hoewel die soort protes voortgeduur het, is die Black Sash se belangrikste werk vanaf die dekade na 1960 gedoen deur sy advieskantore, wat slagoffers van die paswette en ander apartheidswetgewing gehelp het.
Nasionale Presidente Ruth Foley 1955–1957 Molley Petersen 1958–1959 Eulalie Doreen Stott 1960–1961 Jean Sinclair 1961–1975 Sheena Duncan 1976–1978 Joyce Harris 1979–1982 Sheena Duncan 1983–1986 Maria Macdiarmid "Mary" Burton 1987–1990 Jennifer de Tolly 1991–1994
Bekende Lede Molly Blackburn
Bronne Saunders, Christopher C. (raadgewende red.). 1994. An Illustrated Dictionary of South African History. Sandton: Ibis Books and Editorial Services cc.
Verwysings
Eksterne skakels Sheena Duncan se verhaal Black Sash Archival Collections in South Africa: a guide
Kategorie:Apartheid Kategorie:Anti-apartheidsaktiviste Kategorie:Geskiedenis van Suid-Afrika Kategorie:Suid-Afrikaanse anti-apartheidsaktiviste