Newman se Voëls van Suider-Afrika is 'n boek wat die voëls wat in Suider-Afrika voorkom beskryf, en is een van die streek se voorste veldgidse. Dit beskryf en illustreer al die voëls wat in Suider-Afrika voorkom, selfs die seldsaamste swerwers en die seevoëls van die suidelike oseane. Die illustrasies is ook deur Kenneth Newman, wat een van die voorste voëlkunstenaars in Suid-Afrika was.
Die nuutste publikasie bevat 46 nuwe spesies. Kleurkodes is behou en heen en weer verwysing is maklik. Alle kaarte is ten volle hersien. Internasionale name vir 125 spesies word ook ingesluit, in lyn met nuwe neigings wêreldwyd.
Inligting oor boek: Outeur: Kenneth Newman Uitgewer: Struik
Formaat: Sagteband Publikasiedatum: Februarie 2004 Lengte: 205mm Breedte: 125mm Aantal bladsye: 528
Sien ook Sasol Voëls van Suider-Afrika Sappi Voëls van Suider-Afrika
Kategorie:Afrikaanse boeke Kategorie:Niefiksie Kategorie:Suid-Afrikaanse voëlgidse