Groenlandkabeljou (Gadus ogac), een van drie soorte kabeljou, kom voor van Port Barrow, Alaska tot by Wes-Groenland; suid langs die Kanadese kus tot by die Miramichi, Golf van Sint-Laurens en Kaap-Breton-eiland met 'n afgesonderde bevolking in die Witsee. Groenlandkabeljou leef gewoonlik naby die kus in water minder as 200 m diep en word selde in die diep see ver van die kus aangetref. Visse van 5 tot 6 jaar bereik lengtes van omtrent 50 cm. Groenlandkabeljou word selde ouer as 9 jaar oud en word nie sommer langer as 60 cm nie.

duimnael|links|400px|Vangste van 1970 tot 2010.

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Eksterne skakel http://fishbase.org/summary/Gadus-ogac.html

Kategorie:Beenvisse Kategorie:Dierelewe van Europa Kategorie:Dierelewe van Groenland Kategorie:Dierelewe van die Arktiese gebied Kategorie:Gadidae